Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Haar Blues/Her Blues

$
0
0

 

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

Haar Blues/Her Blues is 'n vuurwarmbloedige musiekproduksie wat die storie vertel van vroulike Blues-sterre oor die dekades heen. Luna Paige, wat 'n stem gee aan die ikone, is al verskeie jare besig om (in samewerking met die talentvolle Simon Orange en die regisseur, Richard Nosworthy), die produskie te ontwikkel en te verfyn. Etta James, Nina Simone, Janis Joplin en Ma Rainey is van die koninginne wat weer lewe kry en treffers van meer hedendaagse sterre soos Beth Hart, Tracy Chapman en Amy Winehouse word sielvol vertolk. Die produksie is een groot vreugde van begin tot einde. Die musikante wat vir Paige ondersteun is, soos sy self op die verhoog gesê het, "ripping" en die lewensverhale van die Blues-vroue weef 'n goue draad van verlore liefde, drank- en dwelmisbruik, pyn, lyding en onmiskenbare talent deur al die herkenbare musiek. Luna Paige is waarskynlik een van ons land se mees onderskatte en ondergewaardeerde musikante, liedjieskrywers en sangers. Sy het een van die beste stemme in die bedryf en sou internasionaal kon meeding met baie bekende en gerekende vroulike sangers. Als wat sy aanpak is altyd van hoogstaande gehalte, maar of sy die erkenning kry wat sy verdien, is debateerbaar. Mens hoop dié produksie trek vol sale en gaan na ander feeste in die land. As jy van musiek hou, behoort jy dié te ervaar. @woordfees #woordfees2019 @lunapaigesa #herblues #musiek

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.

The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Haar Blues/Her Blues</i> appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>