$ 0 0 View this post on Instagram Doos/Box is 'n blitsvinnige konseptuele teaterervaring sonder die pretensie waarin so baie van hierdie "anderster" stukke verstrengel raak. Stephanie Gericke is vrou-alleen in 'n "boks" en 16 teatergangers sit rondom die boks met hulle koppe gedruk deur 'n gat. Dit maak vir 'n baie intieme ervaring. Jy beleef en voel Gericke van baie naby, jy ruik haar sweet en sien die ligte tremor van haar hande. Philip Rademeyr en Wessel Pretorius is verantwoordelik vir die twee onderskeie stukke wat afwisselend deur die loop van die fees opgevoer word. Rademeyer se "Die laaste ding" vertel die verhaal van eensaamheid en verlies; van 'n verhouding wat letterlik op die rotse geloop het; van 'n vrou só alleen, mens sal sweer sy is die laaste mens op aarde. Radmeyer span post-apokoliptiese gegewe in om die karakter se emosies oor te dra. Slim, soos mens van Rademeyer verwag. Doos/Box is mooi en rou. Vinnig genoeg om nie vir die kyker 'n stywe nek te gee nie en nét lank genoeg om deernis met die karakter te ontwikkel. Gericke speel haar hart uit en Llandi Beeslaar se regie is klein en "tight". Die produksie het met goeie reg 'n Kanna losgeslaan. #woordfees2019 @woordfees #doos/box @stephaniemaria91 @llandi_beeslaar @philip_rademeyer A post shared by LitNet (@mylitnet) on Mar 2, 2019 at 1:48am PST Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting. The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Doos/Box</i> appeared first on LitNet.