Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

US Woordfees 2016: Beneuk en verlief

$
0
0

Elmari Rautenbach, Sophia Kapp, Santie van der Merwe en Alta Cloete

Op 9 Maart om 10:30 het Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is. Al drie boeke is deur LAPA uitgegee.

Dit was ’n besonder lekker gesprek, vol humor en kwinkslae.

Al drie boeke handel oor ouer vroue. Dit is so anders as die jong, maagdelike poppies wat verlief raak op ’n man van staal – soos verwoord in liefdesromans van ’n aantal dekades gelede.

Elmari Rautenbach het die skrywers ingevra oor die vroue in hulle boeke. Alta en Santie het albei genoem dat hulle opsetlik skryf vanuit ’n perspektief van vroue wat die relatiewe ouderdom van hulle vriendekring weerspieël. Alta se karakter is egter ouer as wat sy is. Santie sê sy het minder kontak met jonger mense en voel dus meer gemaklik daarmee om mense te beskryf wat aan haar bekend is.

Sophia se antwoord was dat die kwessies waarmee jonger vroue worstel, anders is as dié waarmee ouer vroue worstel. Albei is egter relevant. In ’n vorige boek, Die Verhuising, was haar hoofkarakter baie jonk.

Elmari het daarop gewys dat daar ’n rouproses plaasvind in al drie die boeke onder bespreking. Santie beskryf die afsterf van ’n eggenoot en Alta se karakter verloor ’n nabye vriend. Sophia se karakter skei.

Al drie skrywers is dit eens dat die skryf oor ’n rouproses belangrik is. Almal rou anders, maar mense kan wel aanklank vind by die lees van ’n fiktiewe karakter se pad na heling.

Sophia het met ’n mooi beeld vorendag gekom: “Hou op om grimering te plak op jou oorlogwonde. Dra hulle met trots.”

Die ander stem toe saam: Littekens maak ouer karakters interessant.

Lees Naomi Meyer se onderhoud met Sophia Kapp hier.

The post US Woordfees 2016: Beneuk en verlief appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>