Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

US Woordfees 2016-teaterresensie: A doll's house

$
0
0

A doll's house

A doll's house was een van die moet-sien-produksies by die US Woordfees vanjaar. Dit het ook daarna 'n speelvak by die Baxterteater gehad. Die produksie is verwerk deur Christiaan Olwagen en hy was ook die regisseur.

Die oorspronklike drama

Die drama Et dukkehjem is die eerste keer in 1879 in Kopenhagen opgevoer. Dis haas ondenkbaar dat die teks so lank gelede geskryf is en dit moes baanbrekerswerk vir sy tyd gewees het.

Die skrywer was die Noorweër Henrik Ibsen. Hy word beskou as een van die vaders van moderne teater.

Met die intrapslag by die US Woordfees-produksie merk die gehoor die woorde Et dukkehjem in neonkleur op die stel se muur geskryf. Hoewel die storie universeel is, word die omgewing van die storie se oorsprong deurlopend betrek.

Tema

A doll's house is 'n terugblik op die geskiedenis van 'n huweliksverhouding. Dit laat die kyker ook besef dat hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit onveranderd.

Het die rol van die vrou sedert 1879 werklik soveel verander? Het sy dit toegelaat om te verander?

Maar kom ons aanvaar vir 'n verandering die aandadigheid van die slagoffer. Hierdie vrou is nie net vasgevang in 'n sisteem nie, sy hou dit in stand. Die toerusting waarmee sy haar oorlog voer, is so oud soos die tyd self en het ontstaan vandat die mens – man en vrou – daar was.

Die gehoor verwag nie hierdie einde nie. Selfs vandag. En destyds? Dit moes verregaande gewees het.

Musiek in die verwerkte produksie

Die Skandinawiese gevoel van hierdie produksie word besonder effektief deur middel van die musiek oorgedra.

Deurlopend is daar musiek van al die Nordiese lande (wyd geïnterpreteer) – Noorweë, Swede, Denemarke, Finland, selfs Ysland. Die musiek van Aurora en Björk vervoer ons na Skandinawië in sy wydste sin. Die ander maniere van transport is meer klassiek - koetse as 't ware: Grieg byvoorbeeld.

Daar is heelwat popkultuurliedjies, wat die gehoor soms laat voel of hulle 'n baie luidrugtige Eurovision-liedjiekompetisie bywoon. En soos gesê, deurlopend in die idioom van die streke waaruit die drama ontspring het.

Ten slotte

Die Skandinawiërs kán skryf. Die akteurs in hierdie drama kan almal baie bedrewe toneelspeel. En die talentvolle Christiaan Olwagen weet nét hoe om die donker atmosfeer wat onder die oppervlak broei, te ontsluit.

The post US Woordfees 2016-teaterresensie: A doll's house appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>