Giving Voice To Victims
Fiksie-gesprek
Damian Barr en Fiona Snyckers gesels met Francois Smith
Aangebied deur Jonathan Ball Publishers en PanMacmillan
In sy opspraakwekkende You Will Be Safe Here, deels gegrond op die dood in 2011 van die 15-jarige Raymond Buys in ’n sogenaamde regse jeugweerbaarheidskamp, wil die Skotse Damian Barr met sy hoofkarakter, die “moffie”-seun Willem Brandt, stem gee aan slagoffers van gender-geweld. Net so het JM Coetzee ’n gedugte opponent gekry in die vorm van een van sy vroulike romankarakters. In Fiona Snyckers se Lacuna word die Nobelpryswenner se opspraakwekkende Disgrace op sy kop gedraai wanneer Lucy Lurie, die slagoffer van ’n wrede verkragting, sê: “Genoeg. Ek gaan nou my éie storie vertel soos ék dit ervaar het.” Francois Smith (Kamphoer) lei die bespreking.
13 Maart 15:30
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
Taal: Engels
The post Toyota US Woordfees 2020: <em>Giving voice to victims</em> appeared first on LitNet.