Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 695

Toyota en die Woordfees ry saam die toekoms in

$
0
0

Foto: Natalie Gabriels

Die US Woordees sal voortaan as die Toyota US Woordfees bekendstaan. Dié aankondiging is gisteraand onder luide applous by die 2019 Woordtrofee-toekennings gemaak, wat by die Overgaauw-landgoed buite Stellenbosch aangebied is.

Die motorvervaardigingsreus het die mede-naamborgregte vir die volgende drie jaar bekom.

Toyota neem met hierdie massiewe inspuiting in een van die landse se grootste kuns- en kultuurgebeurtenisse ook leiding op die gebied van kuns en kultuur.

Lettie Labuschagne, hoofbestuurder van bemarkingskommunikasie by Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM), sê: “Toyota is nog altyd sedert die maatskappy destyds deur  AJJ Wessels gestig is, nou betrokke by projekte op die gebied van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (CSR), wat wissel van onderriginisiatiewe by skole en universiteite tot kuns-en-kultuur-byeenkomste. Hierdie vennootskap is baie spesiaal vir ons aangesien dit Toyota in staat stel om ’n selfs nog groter rol in die ontwikkeling en erkenning van kuns en kultuur in ons samelewing te speel – en ons neem ons bydrae tot die gemeenskap tot ’n heel nuwe vlak. Daarbenewens is dit vir ons ook ’n groot geleentheid om in te skakel by die kreatiewe energie van die fees wat ’n so uitgebreide gehoor as moontlik bedien.

Lettie Labuschagne
Foto: Natalie Gabriels

“Om ’n integrale deel van die Woordfees te wees, bied Toyota nie net die geleentheid om deel te wees van die tentoonstelling van die uiters ryk verskeidenheid van Suid-Afrika se kreatiewe kunste en kultuur nie, maar gee TSAM ook die geleentheid om voortdurend opkomende talent te koester deur hulle ’n baie visuele platform vir kreatiewe blootstelling te gee. Dit is bo alles ’n tien dag lange byeenkoms waar feesgangers hulle werklik kan geniet en ’n verskeidenheid opvoerings ‘onder een dak’ kan ervaar – ’n uiters opbouende ervaring.”

Leslie van Rooi, Direkteur van Sosiale Impak en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, sê: “Die Woordfees staan vir artistieke uitnemendheid én die uitbou van groter begrip tussen gemeenskappe deur middel van die kunste. Toyota belê dus nie net in kuns en kultuur nie, maar ook in ’n projek wat sigself vir ’n vyer, meer inklusiewe samelewing beywer.”

Ná ’n hoogs suksesvolle 20ste Woordfees vanjaar met ’n styging in kaartjieverkope van ongeveer 10%, was die toetrede van Toyota die kersie op die verjaardagkoek.

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees, is baie opgewonde oor hierdie nuwe vennootskap met ’n handelsmerk wat Suid-Afrikaners ikonies beskou: “Ons gehore is hartlik, weetgierig, oop vir ervaring en reg vir avontuur. Die fees is verbind om bydraes tot sosiale impak en gehoorontwikkeling, bestendiging van die kultuurbedryf en die uitbou van Afrikaans as kreatiewe en inklusiewe taal te maak – 75% van ons gehoor is immers Afrikaans. Met ’n borg soos Toyota aan boord het ons soveel meer moontlikhede.

“Nes Toyota, wat voertuie vanaf intreevlak tot luuks in hul stal het, is die Woordfees ’n fees vir almal wat oor tien dae ’n groot verskeidenheid aanbied – van boekgesprekke, toneel en klassieke musiek tot stand-up-komedie, kinderteater, leefstylgeleenthede, ’n filmfees en ’n groot aanbod van kontemporêre musiek.”

Die 2020 Toyota US Woordfees vind van 6 tot 15 Maart in Stellenbosch plaas. Die programbekendstelling is in November en kaartjies sal vanaf die middel van November 2019 beskikbaar wees.

The post Toyota en die Woordfees ry saam die toekoms in appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 695


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>