Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 695

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Swerfgoed

$
0
0
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Anna-Mart van der Merwe is sekerlik een van die grootste trekpleisters by enige fees en as sy op jou rolverdeling pryk, kan jy maar wéét, die ooms en tannies gaan kom kyk. "Swerfgoed", die drie maal Kanna-bekroonde stuk deur Bauke Snyman, spog met Van der Merwe én Nicole Holm, wat sonder twyfel een van haar generasie se mees diverse en beste akteurs is. Voeg daarby die absolute mal regie van Tinarie van Wyk Loots (sy blyk talentvol op die gebied ook te wees), 'n prettige stel, slim gebruik van props en die skitterspel van Richard September, en jy kry dié "lekker af" produksie, soos een teaterganger dit genoem het."'n Fees vir die oog", was 'n ander persoon se ervaring. Die gegewe is heel eenvoudig. Daar is 'n motel met 'n paar interessante inwoners. Water is skaars (so te sê bykans op), maar iemand weet wél waar om nog baie daarvan te kry. Daar is oorlog. Baie mense gaan dood en familielede draai teen mekaar. Die program beskryf die stuk as 'n tragi-komedie van Griekse omvang, en ja, jy lag inderdaad dat die trane (en die bloed) so spat. Dis absurd, banaal en wonderlik tegelyk. Die enigste haakplek in die produksie is Andrew Laubscher. Hy lyk en klink meestal uit sy gemaksone en dit breek soms die seepgladde ritme van die res van die akteurs. Sy Afrikaans is nét nie goed genoeg om die tempo vol te hou nie. "Swerfgoed" gaan beslis nie in almal se smaak val nie. Die paar ooms en tannies wat uitgestap het, het dit bewys. Maar as jy soek na iets vars en anders, en lekker af, gaan koop onmiddellik jou kaartjie. Al is dit net om vir Nicole Holm te sien dans. @woordfees #woordfees2019 @baukesnyman #swerfgoed

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.

The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Swerfgoed</i> appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 695


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>