Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Lorraine Hechter se keuse van drie produksies:
SAMSON
Musiekteater
In samewerking met: Die Nasionale Lotery-kommissie, Grahamstadse Nasionale Kunstefees en die US Woordfees
Skrywer en regisseur: Brett Bailey
Musiek: Shane Cooper
Choreografie: Vincent Mantsoe
Beligtingsontwerp: Wolf Britz Stelontwerp: Brett Bailey en Tanya P. Johnson
Vervaardiger en produksiebestuur: Barbara Mathers en Third World Bunfight
Video-animasie: Kirsti Cummings
Hierdie dans-musiekteater is gegrond op Ou Testamentiese waardes van oorheersing, verraad en rebellie, maar dit speel af in die konteks van hedendaagse politieke ekstremisme, ongelykheid, ontheemding en geweld. Aan die woord is opera, kore, animasievideo’s en elektroniese musiek. Dis heerlik anargisties.
Geen o/16
Taal: Engels
Koop nou op Computicket hier

DEURnis
DEURnis een-tot-een is die opwindende nuwe teaterervaring en `n eerste vir Suid-Afrika: teater tussen een akteur en een gehoorlid op `n slag. Die unieke en grensverskuiwende produksie speel af binne of rondom `n huis of gebou en het as plekpesifieke teater dus `n baie intieme benadering. Dit is bekroon met `n 2018 kykNET Fiesta, `n 2018 ATKV-Woordveertjie en benoem as Beste Produksie by Aardklop 2017. `n Kaartjie gee jou toegang tot drie toneelstukke van ongeveer 20 minute elk.
SWERFGOED
Drama
In samewerking met: NATi, Baxter Teatersentrum, Kunste Onbeperk en US Woordfees
Skrywer: Bauke Snyman
Regisseur: Tinarie van Wyk Loots
Stelontwerp en kostuums: Jemma Kahn en Kanya Viljoen
Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder: Michael Garbett
Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Dis iewers in die nabye toekoms en die duurste hulpbron is water. Maar by Motel Stillewater, op ’n godverlate vlakte, is ’n oerskat opgesluit. Dis ’n vreemde (en snaakse) spulletjie wat hier woon, en vir water sal party mense moord pleeg. Dit word ’n tragikomedie van Griekse omvang. Swerfgoed het drie KKNK-Kanna-pryse ontvang: Beste manlike en vroulike byspeler (Richard September en Nicole Holm) asook Beste nuutgeskrewe debuutteks (Bauke Snyman).
Geen o/16
Taal: Afrikaans
Koop nou op Computicket hier
The post US Woordfees 2019: Lorraine Hechter se keuse appeared first on LitNet.