
Schalk Bezuidenhout en Loyiso Madinga
Die stand-up-komedie is elke jaar een van die gewildste afdelings op die program en in 2019 sal feesgangers baie geleentheid kry om hul lagspiere hard te oefen: Radio Raps (Jonathan) tree vir die eerste keer by die fees op en gaan die Stadsaal op horings neem. Schalk Bezuidenhout en die Afrika-korrespondent van Trevor Noah se The Daily Show, Loyiso Madinga, gaan (ook Engelse) gehore met Broken English laat skater. Casper de Vries en die vlymskerp Khanyisa Bunu gaan saam die draak steek met alles en almal. Twee ou gunstelinge, Nik Rabinowitz en John Vlismas, tree weer op. Barry Hilton, Bennie Fourie, Mariette Loubser, Afred Adriaan, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer is ook almal deel van die groot lawwigheid. En Marc Lottering is vir die eerste keer in jare weer op die planke in Stellenbosch – dié keer saam met die onstuitbare Shimmy Isaacs. Die komediefees word afgesluit met Schalk Bezuidenhout in die Stadsaal.

Casper de Vries
Shimmy Isaacs & Marc Lottering
Hierdie is jou geleentheid om dubbeld te vou van die lag vir twee van Suid-Afrika se mees geliefde komediante. Shimmy Isaacs sal eerste op die verhoog wees. Verwag gerus ’n ekstra energieke optrede met Shimmy op haar stukke. Daarna tree die briljante Marc Lottering vir die eerste keer in jare weer by die Woordfees op om almal te herinner hoekom hy al twee dekades een van Suid-Afrika se topkomediante is.

Shimmy Isaacs

Marc Lottering
Radio Raps: Genuine
Vanjaar is die internetsenasie, komediant en akteur Rikus de Beer (oftewel Jonathan van Radio Raps) vir die eerste keer by die US Woordfees te sien. In hierdie vertoning kyk Jonathan op ’n skreeusnaakse manier na ons eie menslikheid, weerloosheid en dit wat ons die mees unieke spesie maak. “Genuine boys, ons moet dit ernstig oorweeg om onsself nie so ernstig op te neem nie,” meen Jonathan. Sy vertonings verkoop vinnig uit. So, feesgangers moet gou spring vir kaartjies. Soos in genuine.

Radio Raps
Lees meer oor die Stand-up-komedie of kry die volledige program.
The post US Woordfees 2019: <i>Stand-up</i>-komedie appeared first on LitNet.