Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persvrystelling: Kunstenaarsbeurse beskikbaar vir bywoning van die US Woordfees 2018

$
0
0

Vir kunstenaars is die Woordfees meer as net uitstekende vermaak of pitkos. Dis ’n plek waar kreatiewe vonke spring – tussen kunswerk en toeskouer, tussen konsepte en idees, en dikwels ook tussen kunstenaars, generasies, tale en kulture.

Die Woordfeesprogram bied ’n ryk verskeidenheid van inspirasie aan skrywers, teater- en filmmakers, akteurs en klassieke en kontemporêre musikante. Dit is egter nie altyd vir kunstenaars moontlik of bekostigbaar om alles by te woon wat hulle graag sou wou beleef nie.

Met die nuwe Kunstenaarsbeurse bied die Woordfees vyf kunstenaars die geleentheid om hul kreatiewe batterye te herlaai en vanjaar se fees ten volle te beleef. Al wat die Woordfees van beurshouers verwag, is om ’n joernaal te hou waarin feeservaringe en menings oor bygewoonde produksies gedeel word.

’n Kunstenaarsbeurs sluit in:

  • R5 000 vir reis en verblyf, wat die beurshouer kan aanwend na goeddunke
  • twee etes per dag in die BBP-area vir ’n maksimum van vyf dae
  • gratis bywoning van alle aanbiedings in dié genre waarin die beurshouer self kuns skep.

Om in aanmerking te kom vir ’n beurs moet aansoekers die volgende voorlê:

  • tussen 300 en 500 woorde oor hoekom dit vir die aansoeker as kunstenaar goed sal wees om die 2018 US Woordfees by te woon
  • ’n verkorte CV van die aansoeker se kunstenaarsloopbaan met 2 referente.

Stuur aansoeke voor of op 12 Februarie 2018 aan Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za.

Let wel: Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie en geen korrespondensie sal oor die toekenning van beurse gevoer word nie. Slegs kunstenaars wat op geen wyse by die US Woordfees 2018 betrokke is nie, kan aansoek doen vir ’n kunstenaarsbeurs.

The post Persvrystelling: Kunstenaarsbeurse beskikbaar vir bywoning van die US Woordfees 2018 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>