Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie

$
0
0

’n Geleentheid vir jong digters in die Wes-Kaap-omgewing: Die Wes-Kaapse hoërskool-“slam”-poësiekompetisie

In samewerking met Woorde open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-“slam”-poësiekompetisie, en dit vind plaas Donderdag 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch.

Hoe om in te skryf:

Net Wes-Kaapse hoërskoolleerlinge mag inskryf.
Neem ’n video van 20–60 sekondesop van jy wat jou eie oorspronklike gedigte verloos / perform.
WhatsApp die video na 071 322 6584 voor 23 September.
Die finaliste sal op 24 Stepember aangekondig word, en word dan genooi om in persoon by die kompetisie op 3 Oktober op te tree.

Die wenners van die “slam” sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die “slam”-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Persverklaring: Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit

The post Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>