Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste

$
0
0

Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert: Kaartjies beskikbaar op Webtickets

Die Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert vind op 24 April om 19:00 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas.

Ter viering van die lewensbydrae en werk van die ikoniese koordirigent Acáma Fick, tree die Universiteitskoor Stellenbosch (US-koor), die Accelerando-koor van die Hoër Meisieskool Bloemhof (HM Bloemhof) en die Cape Town Camerata in ’n spesiale konsert op. -

Acáma het die eerste vrou geword om as dirigent van die US-koor aangestel te word en het ’n deurslaggewende rol in die bevordering van die klassieke koortradisie in Suid-Afrika gespeel. Sy was die stigter en dirigent van die US Konservatorium se vrouekoor asook die Stellenbosch Camerata. Sy was ook die dirigent van HM Bloemhof se koor. 

Die US-koor is onder leiding van André van der Merwe, Marijke de Villiers Roos is die dirigent van die Accelerando-koor van die HM Bloemhof en die Cape Town Camerata word gelei deur Leon Starker. 

Kaartjies beskikbaar op Webtickets
24 April om 19:00
Endlersaal, Stellenbosch

The post Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>