Petrus droom oor sy voorouers in ’n hospitaal vir geestesiekes. Sy stammoeder, Diana van Madagaskar, loop op die seebodem terug huis toe. Sy oupa Piet, ’n apartheidsenator, herleef sy toesprake op sy doodsbed. Kan Petrus versoening in sy familie bring, of is hy te siek om te onderskei tussen werklikheid en droom?

Foto: Xolani Tulumani
Bespreek by Momentum-beleggings Aardklop.
Bespreek by die Toyota US Woordfees.
Gaan sien Pieter Odendaal se gratis praatjie by die Toyota US Woordfees.
Die digter Pieter Odendaal se teaterstuk, Droomwerk, is in 2021 met ’n ATKV Woordveertjie vir beste nuwe dramateks bekroon. Die veelbekroonde Kaapse regisseur Kanya Viljoen hanteer die ontwerp en regie, met Lwanda Sindaphi as begeleidende regisseur. Die rolverdeling lees ewe indrukwekkend: Ben Albertyn, Jill Levenberg, Tyrish Mili, Johann Nel en Johann Vermaak. Droomwerk het vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Makhanda gedebuteer, en is oorweldigend positief deur die uitverkoopte gehore en pers ontvang. Die produksie word deur River Mouth Projects in samewerking met Toyota US Woordfees vervaardig.
Droomwerk is gebaseer op Odendaal se verkenning van sy herkoms as ’n wit Afrikaanssprekende man met slawe voorouers. Die hoofkarakters is losweg gebaseer op die skrywer, sy oupa (’n apartheidsenator in die 1970s) en sy stammoeder, Diana van Madagaskar, wat in die laat 17de eeu as slavin na die Kaap gebring is.
Droomwerk speel van 3 tot 6 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop by Potch Girls’ High. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Ticketpro. Hierna volg ’n speelvak by Toyota US Woordfees by Rhenish Girls’ High van 11 tot 15 Oktober, en kaartjies kan op Quicket aangekoop word.

Foto: Xolani Tulumani
Odendaal is ’n digter, dramaturg, vertaler en samesteller. Sy debuutbundel, asof geen berge ooit hier gewoon het nie (Tafelberg), is in 2019 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Hy was vroeër die uitvoerende direkteur van InZync Poetry op Stellenbosch en het onlangs sy doktorsgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Queensland University of Technology in Brisbane behaal. Hy doseer tans Skryfkuns by NWU in Potchefstroom.
Lees ook:
Pieter Odendaal se Droomwerk bring postkoloniale denke na die hospitaal
The post Persverklaring: Odendaal se Droomwerk by Aardklop, Woordfees te sien first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: Odendaal se <i>Droomwerk</i> by Aardklop, Woordfees te sien appeared first on LitNet.