Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persverklaring: André Schwartz se Any Dream will Do – My pad met Webber op pad na feeste

$
0
0

André Schwartz is die enigste manlike Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber-stempel van goedkeuring dra vir die naamrol in The Phantom of the Opera in Suid-Afrika. André se vertoning Any Dream will Do – My pad met Webber word op 3 en 4 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees. Die storielyn ontgin dié besonderse vriendskap, deur middel van musiek en gesprek.

 André Schwartz se nuwe enkelsnit “Sal jy?”

André Schwartz is bekend vir sy grensverskuiwende werk in die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is ’n uiters veelsydige kunstenaars, akteur en televisieaanbieder en het oor die jare verskeie indrukwekkende toekennings ingepalm. Sy nuwe enkelsnit “Sal jy?” getuig van sy passie vir die liefde en die lewe. Sy superster-stem en eerlike lirieke sal aanhangers se harte opnuut verwarm.

“Sal jy?” gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees. Hulle vind mekaar egter in verdraaide dimensies van ouderderdom en omstandighede. Schwartz skryf met wysheid, humor en helderheid oor ’n liefde wat nie plek in tyd kon vind nie, maar wel in ruimte. Selfs al is die boek van hierdie Liefde reeds lankal toegemaak, steek die passievolle toon ’n vuur van ewige hoop aan in hierdie rou, hartsgedrewe liedjie waarin daar gespeel word tussen die skakerings van verlange asook die oorgawe aan ’n heilige ontasbaarheid. Daar is altyd Hoop. “Sal Jy? Want eendag is beter as niks nie.” 

Die interessante video van “Sal Jy?” getuig van Schwartz se nimmereindigende rol as baanbreker.

Schwartz sê: “Die briljante digitale produksie ontwerper, Seun, het ’n weergawe van my lied “Lief vir alles hier” op Instagram gedoen en dit vir my aangestuur. Daar was ’n beeldskone gevoel van simboliek en hoe hy elemente laag op laag laat saampraat. Ons het begin gesels en toe “Sal Jy?” ’n werklikheid word, het ek hom genader om vir my ’n musiekvideo te maak. Ons geniet beide die proses van wisselwerking tussen sang, solokunstenaar, kunswerk en vertelling. ’n Ontginning van ’n spasie waar eenderse denke gevier word.”

Die video kan beskryf word as ’n “kosmiese digitale klankreis” verduidelik Seun. “My inspirasie kom vanuit die spasie tussen die kyker en die kunswerk. Wat gebeur in daardie spasie? Daar bestaan ’n liminale ruimte, ’n plek van oorgang of nostalgiese aantrekkingskrag. Ons speel dan veral met die konneksie en interaksie tussen hierdie beelde en elemente.”

Stroom “Sal jy?” hier: https://lnk.to/AndreSchwartz.

The post Persverklaring: André Schwartz se Any Dream will Do – My pad met Webber op pad na feeste first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: André Schwartz se <i>Any Dream will Do – My pad met Webber</i> op pad na feeste appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>