Die Toyota US Woordfees se tema vir 2023 is pas bekend gemaak saam met die datum van die programbekendstelling vir vanjaar se fees.
Die nuwe feestema is Borrel, wat ’n verskeidenheid assosiasies en betekenismoontlikhede inhou.
“Enersyds verwys dit na speelse bruising en drif, ’n swewende, dromerige gevoel, onskuldige kinderpret met seepbelle, en die lekker ou Nederlandse woord vir ’n partytjie waar die silwer borrels in Bolandse vonkelwyn graag geniet word,” sê die direkteur van die Toyota US Woordfees, Saartjie Botha.
“Aan die ander kant herinner dit ook aan Stellenbosch en die Universiteit Stellenbosch wat volgens sommige kritici en besorgde inwoners ’n ‘bubble’ is wat in bevoorregte ontkenning van die werklikhede van die groter Suid-Afrika leef. Hoewel ’n borrel ’n brose membraan het, ’n weerlose grens wat kortstondig die verskil tussen binne en buite bepaal, is Stellenbosch se skeidslyne histories opgestel en finansieel verskans.
“Ook binne die kunste het ’n borrel twee konnotasies. Die verbeelding maak dit vir kunstenaars moontlik om mense vir ’n kosbare wyle van swaartekrag te bevry en na ’n nuwe droomwêreld te verplaas. Die kunste het egter ook die belangrike vermoë en verantwoordelikheid om die borrels van persepsies te bars en ons só aan nuwe werklikhede bloot te stel en die bewussyn te verruim. By die Woordfees wil ons feesgangers die geleentheid gee om salig weg te dryf, maar ook om hulself uit te daag en nuwe perspektiewe te verken. Ons is opgewonde om binnekort ’n feesprogram te deel wat ’n ryk verskeidenheid van geleenthede tot ontvlugting én besinning oor ingewikkelde werklikhede sal bied,” sê Botha.
Die program sal by ’n spesiale geleentheid op die aand van 22 Junie bekend gestel word en sal dan vanaf 23 Junie vir die algemene publiek beskikbaar wees – tweetalig op die Woordfees se webwerf en as ’n gratis gedrukte Afrikaanse feesgids in die Woordfeeskantoor en by ander geselekteerde boekwinkels en biblioteke. Die feesgidsboekie sal daarbenewens in PDF-formaat van die webwerf afgelaai kan word. ’n Aflaaibare PDF van die volledige program in Engels sal ook op die webwerf beskikbaar wees.
Die Toyota US Woordfees vind vanaf 7 tot 15 Oktober 2023 in Stellenbosch plaas.
The theme for the 2023 Toyota SU Woordfees has just been announced along with the date of the programme launch.
The 2023 festival theme is “Borrel” (Bubble) – a term that conjures up several images and meanings.
“It can mean effervescence or an elated, dreamlike feeling; is reminiscent of innocent youthful fun with soap bubbles and is also the old Dutch word for a party (“ ’n borrel”), a chance to enjoy the sparkling bubbles of Cap Classique made in the Boland,” says the director of the Toyota SU Woordfees, Saartjie Botha.
“The theme, however, also has a more serious connotation and alludes to the concern voiced by some critics and residents that Stellenbosch and Stellenbosch University exist in a ‘bubble’ where people live in privileged denial of many harsh South African realities. Conventionally a bubble has a fragile membrane, a defenceless boundary that creates a tenuous and temporary divide between the inside and the outside. The dividing lines in Stellenbosch, however, are historically determined and economically entrenched.
“In the arts, a bubble also has two meanings. Artists use their imaginations to create worlds that release us from our harsh realities into a space of dreaming. But the arts also have the responsibility to rupture the borders and boundaries that encase our perceptions and expose us to different truths and expanded perceptions. This year the Woordfees programme gives festivalgoers the opportunity to float blissfully free, but also to accept the challenge of exploring new perspectives. I am excited to share the new festival programme as it offers a rich variety of opportunities not only to escape into worlds of beauty, humour and drama but also to reflect on the complexity of our realities,” says Botha.
The programme will be launched at a special event on the 22nd of June and the full programme will be available on the Woordfees website in both English and Afrikaans from the 23rd of June. The printed Afrikaans festival guide will be available free of charge at the Woordfees office and in selected bookstores and libraries. Festivalgoers will be able to download this guide in PDF format from the website. A downloadable PDF of the full festival programme in English will also be available.
The Toyota SU Woordfees takes place from 7 to 15 October 2023 in Stellenbosch.
The post Persverklaring: Toyota US Woordfees 2023 – feestema bekend appeared first on LitNet.