Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persverklaring: Die groot wenner van die 2021 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekend gemaak

$
0
0

Die 22ste Toyota US Woordfees is vanjaar op ’n opwip-TV-kanaal aangebied – vandaar die feestema, “Iets anders”. Die 2021 US Woordfeeskortverhaalbundel, wat die feestema as titel het, is daarom 4 Oktober op Woordfees TV (DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15) bekend gestel. Die algehele wenner van die kompetisie is ook by hierdie geleentheid aangekondig. Du Toitskloof Wyne het ’n vyfde maal die prysgeld van R30 000 geborg, wat oorhandig is aan Coen Basson vir sy wenverhaal, “Eenzaamheid”.

Vir vanjaar se bundel, die sesde in die reeks, is 288 inskrywings ontvang. Die ander 23 skrywers wie se verhale ook in die bundel opgeneem is, ontvang elkeen R5 000 van Du Toitskloof en die US Woordfees.

“Met die meeste vorige bundels het daar ’n dominante tema of temas na vore gekom, maar vanjaar was dit interessant genoeg nie die geval nie. Daar is wel verhale met Covid-19 as onderwerp, maar dit oorheers glad nie te midde van ’n wye verskeidenheid temas nie,” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is. “Soos met ál die vorige bundels was die gehalte hoog en dit moeilik om net 24 kortverhale en ’n uiteindelik wenner te kies.”

Die ander twee beoordelaars saam met Kotzé-Myburgh was Valda Jansen en Marius Swart.

Klik hier om te sien watter skrywers die 2021-bundel gehaal het.

Gerda Taljaard is die enigste skrywer wat ’n sesde agtereenvolgende keer in die bundel opgeneem is.

Iets anders sal binnekort aanlyn bestel kan word. Belangstellendes wat graag die bundel wil aanskaf, kan hierdie vorm invul. Hulle sal dan in kennis gestel word sodra die 2021-kortverhaalbundel beskikbaar is.

The post Persverklaring: Die groot wenner van die 2021 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekend gemaak appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>