Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Nelia van Zyl vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Nelia, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

Ek was hoof van ’n openbare biblioteek en ’n skrywersgroep het maandeliks saans die biblioteeksaal gebruik vir hulle vergaderings. Ek was net daar om die saal oop- en toe te sluit, maar toe neem ek sommer deel aan hulle skryfaktiwiteite. Ons moes eenkeer iets oor die Kaap skryf en dis toe “Kaapse ID” gebore is. Die oorspronklike verhaal lyk egter ’n bietjie anders. Bygesê, ek is ’n verskriklik lui huisvrou.

Tans behoort ek aan ’n wonderlike groep, die Fynbosskrywers. Ek dink ’n bietjie oor die storie, beplan so ‘n bietjie en dan gaan sit ek voor die rekenaar en begin skryf en dit moet gou gaan anders raak ek verveeld. (Saam met van die Fynbosskrywers het ons Eisteddfodpret 1 die lig laat sien en oor ’n paar dae behoort Eisteddfodpret 2
die boekwinkels te tref.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Ek het vergeet om te skryf waaroor my kortverhaal gaan: “Kaapse ID” handel oor 'n matriekdogter, Joanie, wat al vir twee jaar die huishouding vir haar pa en broer waarneem. Haar ma het verdwyn op pad werk toe. Sy is deur 'n bus omgery, haar handsak is gesteel en sy het aan geheueverlies gely. Identiteitloos het sy 'n leefstyl op die Kaapse strate ontwikkel en dit geniet. Via 'n laat biblioteekboek spoor Joanie haar ma op.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ek sal graag die Woordfees wil bywoon, maar het nog nie die program onder oë gehad nie.

The post Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>