Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Toyota US Woordfees 2020: Taalgesprekke

$
0
0

Hier onder is items op volgende jaar se US Woordfeesprogram (Stellenbosch, 6–15 Maart 2020) oor Kaaps, Afrikaans in Argentinië, ’n bykans uitgestorwe Khoekhoetaal en die Afrikaans van die Kaapse Moslems.

TAAL-GESPREKSREEKS

BOERE OP DIE AARDSDREMPEL: AFRIKAANS IN PATEGONIË

’n Unieke vorm van Afrikaans leef reeds meer as 120 jaar in die middel van die Patagoniese woestyn in Argentinië voort. ’n Dokumentêre fliek oor dié gemeenskap word gevolg deur ’n paneelbespreking met Richard Gregory (regisseur van die dokumentêr) en ’n span van drie taalkundiges van die Universiteit van Michigan (professors Andries Coetzee, Nicholas Henriksen en Lorenzo García-Amaya) wat tans die Afrikaans van die laaste lede van hierdie gemeenskap dokumenteer. Kom luister na hierdie interessante vorm van Afrikaans en kry ’n interessante perspektief op die vroeë geskiedenis van die taal.

6 MAART 09:00
180 min | Adam Small Seminaarkamer
Gratis

!HUB DI GOWAB – ’N TAAL VAN ONS LAND

Met: Denver Breda (kultuuraktivis), Deidre Jantjies (verhoogkunstenaar, skrywer, filmmaker), Menán du Plessis (taalkundige)

In 2007 het die historikus Mike Besten ’n handjie vol Koranas en Griekwas van die Vrystaat en die Noordwes-provinsie opgespoor wat steeds die Khoekhoetaal van hul Khoi-voorsate onthou. Die taalkundige Menán du Plessis het na aanleiding hiervan met veldnavorsing begin wat uiteindelik gestalte gekry het in die boek KORA: A Lost Khoisan Language of the Early Cape and the Gariep. In hierdie gesprek tree Menán du Plessis en aktiviste in gesprek oor die bewaring van die bykans uitgestorwe Khoekhoe-taal – en oor breër kwessies rakende taal, identiteit, erfenis en verlies.

11 MAART 14:00
60 min | Adam Small Seminaarkamer
Gratis

’N VERNACULAR SPECTACULAR: KEEPING UP MET KAAPS

TAALKUNDE
Theresa Biberauer gesels met André Trantraal, Olivia M. Coetzee, Ricardo Arendse en Jitsvinger
Aangebied deur LAPA en Modjaji

Kaaps is ondubbelsinnig ’n ou taal met ’n geskiedenis wat al oor 350 jaar heen strek. Maar dié ou taal léwe, en in die 21ste eeu staan Kaaps skynbaar vir niks verkeerd nie. Theresa Biberauer, ’n taalkundige van Cambridge wat saam met UWK-navorsers die algoritmes en ekologie van Kaaps ondersoek, gesels met vier Kaapsbaanbrekers: André Trantraal wat Spoekie, oorspronklik gemik op swart Amerikaanse tieners, in Kaaps vertaal het, Olivia M. Coetzee, skrywer van die eerste krimi in Kaaps, “taaltsotsi” Ricardo Arendse, en woordkunstenaar en aktivis vir dié “vernacular spectacular”, Jitsvinger.

Jitsvinger


11 MAART
15:30
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur

STIGTING VIR DIE BEMAGTIGING VAN AFRIKAANS: DIE AFRIKAANS VAN DIE KAAPSE MOSLEMS

Dr. Achmat Davids se seminale studie, The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915, werp lig op die onontbeerlike verbintenis van die Afrikaanse taal met die slawe aan die Kaap. Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gee nou ’n nuwe, toeganklike Afrikaanse verwerking van hierdie studie uit, vertaal deur prof. Hein Willemse. Hy gesels met Fatima Allie oor die baanbrekerswerk van Dr. Davids en oor hoekom dit belangrik is vir die jeug om kennis te neem van hierdie stuk taalgeskiedenis.

12 MAART 10:30
60 min | Adam Small Seminaarkamer
Gratis

The post Toyota US Woordfees 2020: Taalgesprekke appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>