Die US Woordfees 2019 vind van 1 tot 10 Maart volgende jaar plaas. Programaansoeke vir toneel en musiek het op 14 Mei 2018 geopen en sluit op 30 Junie 2018. Die aansoekvorms is op die Woordfees se webwerf beskikbaar: http://www.woordfees.co.za/.
Let wel: Slegs volledige aansoeke sal oorweeg word. ’n Volledige programaansoek sluit die volgende in:
- ’n voltooide aanlyn aansoekvorm
- ’n voltooide begrotingsvorm (Excel-templaat word verskaf)
- ’n voltooide inligtingsvorm oor die produksie-geselskap (Excel-templaat word verskaf)
- volledige teks gestuur na wf2019@sun.ac.za vir oorweging.
Belangstellendes wat graag meer wil weet oor die aansoekprosedure en die manier waarop die beoordelaars voorleggings oorweeg met die oog op die samestelling van die feesprogram, kan een van twee werkswinkel-inligtingsessies oor Woordfeesaansoeke bywoon:
- 28 Mei 2018, 18:00 tot 22:00 @ Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
- 29 Mei 2018, 18:00 tot 22:00 @ Isibaya-kamer, Kunstekaap, DF Malan-straat, Roggebaai, Kaapstad
Die werkswinkels word aangebied deur die feesdirekteur, Saartjie Botha, en die Woordfeesspan en sal fokus op die volgende:
- Watter geleenthede is daar vir jong kunstenaars by die US Woordfees?
- Wat laat ’n programaansoek uitstaan?
- Befondsingsmoontlikhede
- Hoe om ’n produksiebegroting op te stel
- Hoe om ’n tegniese “rider” te voltooi
Let wel: Die werkswinkel-inligtingsessies is gratis, maar sitplek is beperk. Stuur so spoedig moontlik e-pos na wf2019@sun.ac.za om ’n plek te bespreek vir die 28 Mei- of 29 Mei-werkswinkel.
The post Persvrystelling: Werkswinkels oor Woordfeesaansoeke vir 2019 appeared first on LitNet.