Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persverklaring: Noord-Kapenaars is die land se beste spellers in Afrikaans

$
0
0

Die Noord-Kaap is vanjaar die provinsie met die beste spellers. Tien van die dertig pryswenners in die Sanlam WOW Spelkompetisie se eindronde vir Afrikaans Huistaal kom uit dié provinsie.

Die Wes-Kaap is tweede met agt wenners en Gauteng spog met vyf.

In die eindronde het tussen 28 en 36 leerders per graad hul spelvermoë kom toets. Al nege provinsies is deur die graad 1 tot 10 deelnemers verteenwoordig.

Dit was ook die eindronde van die spelkompetisie vir Graad 6 en 9 leerders wat Afrikaans as eerste addisionele taal op skool neem. Hier het die Wes-Kapenaars gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

“Meer as 6 000 kinders het van skool-, kring-, distrik- en provinsiale vlak deelgeneem om ons van dag tot hier te bring,” het Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees (wat die WOW-projek insluit), tydens die prysuitdeling gesê.

Die leerders se uitsonderlike vermoeë om reg te spel het die dag se program met sowat ’n uur oor die beplande tyd laat loop omdat verskeie grade net nie tot ’n wenner kon kom nie. Die drie finaliste per graad uit elk van die nege provinsies het in rondes gespel. Sodra ’n fout begaan is, het die deelnemer uitgeval. Selfs die Graad 2- en 3-leerders het byna drie uur aaneen gespel voordat ’n wenner aangewys kon word.

Fiona van Kerwel, die WOW-projekbestuurder, het ook die onderwysers wat as vrywilligers betrokke is en toesien dat die kompetisie van skoolvlak tot met die nasionale ronde glad verloop, bedank vir hul tyd en onbaatsugtige opoffering.

Frank Louw, van die hoofborg, Sanlam, se afdeling vir Korporatiewe Sosiale Betrokkenheid, het gesê hulle steun die projek omdat dit syfervaardigheid en geletterdheid vir Sanlam baie na aan die hart lê.

Wenners het elkeen ’n kontantprys en medalje van Sanlam ontvang, asook ’n boekprys van NB Uitgewers. Die eersteplek-wenners het ook elkeen ’n iPad (graad 1-5) of ’n slimfoon (graad 6-9) gekry. Ander borge sluit in KykNET, die Dagbreek Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds.

Die Sanlam WOW Spelkompetisie is nou in sy elfde jaar. WOW, ’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ’n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek. Die projek help ook jaarliks sowat dertien behoeftige leerders aan die Universiteit van Stellenbosch deur die beskikbaar stel van aanvullende beurse.

Die Sanlam WOW Spelfees vir 2018 het reeds geopen. Besoek gerus www.woordfees.co.za en klik op WOW.

Eersteprys-wenners:

Agter: Anja Strauss (Laerskool Op die Voorpos, Upington), William Hartley (Schoonspruit Sekondêr, Malmesbury), Mia Symmington (Laerskool Jan van Riebeek, Kaapstad), Millah Spamer (Laerskool Worcester-Noord, Worcester), Sigourney van Heerden (Namakwaland Hoërskool, Springbok), Alexa Viljoen (Laerskool Worcester-Noord, Worcester), Jo-Mari Nell (Dr. Izak van Niekerk, Springbok), Triston Tieling (Hermes Primêr, Atlantis) en Jonathan Faro (St Cyprians Primêr, Nababeep). Voor: Annique Herendorfer (Alpha Primêr, De Aar) en Caitlyn van Wyk (St. Cyprians Primêr, Nababeep). (Afwesig: Leandré Kamm, Atlantis Primêr, Atlantis).


Nasionale wenners per graad (Afrikaans Huistaal)

Graad 1

1. Annique Herendorfer    Alpha Primêr   De Aar, Noord-Kaap
2. Lee-Ann Wolmarans        Alpha Primêr   De Aar, Noord-Kaap
3. Cleche Kleinbooi      Hillcrest Primêr Port Elizabeth, Oos-Kaap

 

Graad 2

1. Caitlyn van Wyk Cyprians Primêr   Nababeep, Noord-Kaap
2. Peter Geldenhuys L/s Louw Geldenhuys Linden, Gauteng
3. Pieter Kruger       Laerskool Mooirivier     Potchefstroom, Noordwes

 

Graad 3

1. Mia Symmington L/s Jan van Riebeek  Kaapstad, Wes-Kaap
2. Dakota Coetzee

Laerskool Roodekrans  

Roodepoort, Gauteng

3. Danelle Delport

Laerskool Eureka  Kimberley, Noord-Kaap

 

Graad 4

1. Anja Strauss L/s Op die Voorpos     Upington, Noord-Kaap
2. Rico Vosloo Laerskool Fairland        Randburg, Gauteng
3. Marceline Snyders

Rosendal Primêr  

Upington, Noord-Kaap

 

Graad 5

1. Millah Spamer L/s Worcester-Noord   Worcester, Wes-Kaap
2. Leandro de Carvallo Laerskool De Aar  De Aar, Noord-Kaap
3. Stefan Burden Laerskool Worcester Worcester, Wes-Kaap

 

Graad 6

1. Alexa Viljoen L/s Worcester-Noord  Worcester, Wes-Kaap
2. Amber Crafford L/s Hendrik Louw  Strand, Wes-Kaap
3. Karla van Wyk      Laerskool Swellendam Swellendam, Wes-Kaap

 

Graad 7

1. Jo-Mari Nell  Dr. Izak van Niekerk   Springbok, Noord-Kaap
2. Carla Crous  Sentrale Volkskool Kroonstad, Vrystaat
3. Niné van Niekerk Laerskool Kanonkop   Middelburg, Mpumalanga

 

Graad 8

1. William Hartley Schoonspruit Sekondêr Malmesbury, Wes-Kaap
2. Suné Botha Hoërskool Randburg  Randburg, Gauteng
3. Iwan Immelman HTS Witbank Witbank, Mpumalanga

 

Graad 9

1. Sigourney van Heerden Namakwaland H/s    Springbok, Noord-Kaap
2. Kayla J. van Rensburg Hoërskool Randburg Randburg, Gauteng
3. Lucille Carmen Bray AHS Kroonstand Kroonstad, Vrystaat

 

Graad 10

1. Jonathan Faro St Cyprians Primêr Nababeep, Noord-Kaap
2. Chanté Klaase Hoërskool Vredendal Vredendal, Wes-Kaap
3. Franco Smit Hoërskool Sentraal   Bloemfontein, Vrystaat

 

Nasionale wenners per graad (Afrikaans eerste addisionele taal)

Graad 6

1. Triston Tieling Hermes Primêr Atlantis, Wes-Kaap
2. Michelle Kandondo Laerskool Elsburg Port Elizabeth, Oos-Kaap
3. Deonesha Sanna Astra Primêr  Germiston, Gauteng

 

Graad 9

1. Leandré Kamm Atlantis Primêr   Atlantis, Wes-Kaap
2. Amy Classen Atlantis Primêr Atlantis, Wes-Kaap
3. Waylin van Wyk Bethelsdorp Sekondêr

Bethelsdorp, Oos-Kaap

 

The post Persverklaring: Noord-Kapenaars is die land se beste spellers in Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693