Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Persvrystelling: Sanlam WOW Spelfees-finaal

$
0
0

Kom meet jouself teen deelnemers aan nasionale ronde van Sanlam WOW Spelkompetisie!

Met meer as 150 skole en 420 leerders van reg oor Suid-Afrika, beloof die finale ronde van die Sanlam WOW Spelkompetisie vir 2017 groot opwinding – en erge senuwees vir die ma’s en pa’s wat die dag gaan bywoon.

“Die spelkompetisie open werklik jong kinders se wêrelde deur nodige bloostelling en interaksie en juis daarom is die finaal ’n groot hoogtepunt,” sê dr. Leslie van Rooi, senior direkteur van Sosiale Impak en Transformasie, onder wie WOW (’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde) resorteer. “Deur die medium van taal steek hulle grense oor – ons kan beslis baie by hulle leer.”

Fiona van Kerwel, die projekbestuurder vir die WOW-projek sê sy en haar span deurkruis jaarliks die land om toe te sien die verskillende rondes van die kompetisie – van skoolvlak, dan na kring-, distrik en provinsiale vlak – verloop foutloos en glad. “Ons maak staat op ’n hele klomp onderwysers en ouers wat ons vrywillig help om die projek verder uit te bou. Die potensiaal van ons leerders én hulle ouers en onderwysers is ongelooflik en gee ’n mens oneindig baie hoop.”

Buiten Afrikaans Huistaal-leerders van graad 1-10, sal daar ook vanjaar in Engels (Eerste Addisionele Taal, graad 6 en 9) en isiXhosa (Huistaal, graad 6 en 7) gespel word. Die Afrikaanse spellers kom van regoor die land, terwyl die Engelse-groep uit Gauteng en die Wes- en Oos-Kaap is en die isiXhosa-leerders net uit die Wes-Kaap. Vier leerders per graad uit elk van die deelnemende provinsies sal op Saterdag 21 Oktober kragte meet.

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees en WOW-projek, sê die doel met die kompetisie is om leerders weer opgewonde te maak oor hul taal. “By WOW en by die Woordfees draai alles wat ons doen om woorde – lees, skryf, sang, toneel. Ons wil graag dié passie ook by ’n nuwe geslag laat vlamvat.”

Dit word aangebied by verskillende lokale van die Universiteit Stellenbosch, insluitend die Lettere-, Wilcocks-, GG Cillie- en Bedryfsielkunde-geboue. Die verwelkoming vind om 9:30 plaas en vanaf 10:00 word in alle erns gespel. Belangstellendes is baie welkom om deur die loop van die dag in te loer.

 


 

 

Compare yourself with the participants in the national round of the Sanlam WOW Spelling Bee! 

With more than 150 schools and 420 learners from across South Africa, the final round of the Sanlam WOW Spelling Bee 2017 promises great excitement – and a lot of nervous butterflies for the moms and dads who will be there for support.

“Through exposure and interaction the spelling bee really opens worlds for the youngsters and this is why the final is such a highlight,” says Dr. Leslie van Rooi, senior director of Social Impact and Transformation, which includes WOW (an acronym for Words Open Worlds). “As a medium, language can cross borders – we should learn from the youth.”

Fiona van Kerwel, project manager for the WOW project says she and her team annually travels all over the country to see that the various stages – from school to district and provincial level – are without problems. “A number of teachers and parents help as volunteers and we rely on them to further develop the competition. Looking at the potential of our learners and their parents and teachers fills one with unlimited amounts of hope.”

Apart from Afrikaans Home Language learners, grade 1-10, there will also be some spelling in English (First Additional Language, grades 6 and 9) and isiXhosa (Home Language, grades 6 and 7). The Afrikaans contestants come from all nine provinces, while the English group is from Gauteng and the Western and Eastern Cape; the isiXhosa learners are from the Western Cape only. In each language, four learners per grade from each of the participating provinces will show what they are capable of on Saturday 21 October.

Saartjie Botha, director of the SU Woordfees and WOW project, says with the competition they want to get children excited about their language. “At WOW and at Woordfees everything revolves around words – reading, writing, singing and acting. We want to ignite this passion in a new generation.”

The competition takes place at various venues at the Stellenbosch University, including the Arts, Wilcocks, GG Cillie and Industrial Psychology buildings. The welcoming takes place at 9:30 and from 10:00 the contestants will be spelling for the final. People who are interested and would like to join in the spelling bee buzz are welcome to pop-in during the day.

The post Persvrystelling: Sanlam WOW Spelfees-finaal appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>