Soveel dae, soveel woorde, beelde en lirieke. Selfs Bob Dylan is deel van die US Woordfees. Drie slim Woordfeesgangers, Danie Marais, Rian Malan en Kerneels Breytenbach verduidelik hoekom Bob Dylan wel die Nobelprys vir Letterkunde verdien het. Of nie ... Gerrit Rautenbach het gekyk en gekiek.
Ekstra! Ekstra! Bob Dylan in die Drostdy-teater!

Big Bob is watching you ...

Kerneels verduidelik van Mr Tambourine Man af tot by Subterranean Homesick Blues hoekom die antwoord ja vir Bob is.

Rian sing saam ...

... en almal stem saam.
Al lê die berge nog so blou
In Spier se amfiteater word die Blues mooi verduidelik. Die wortels lê in Afrika en slawe het dit na Amerika geneem. En jazz-langs het dit teruggekom boeremusiek toe, verby Kerkorrel en kie tot by hierdie uitvoering, meesterlik aanmekaargesit deur Schalk Joubert.

Antisipasie in blou.

Schalk Joubert, vervaardiger van die produksie en bas-koning.

Zolani Mahola vat noot

Francois van Coke doen 'n eerste vir homself - hy sing jazz (hy het baie meer gesing, maar hy kan jazz sing, want hy kan)

Ramon Alexander is die koning van klawers

Ingewikkelde blues-akkoorde

Nick Turner en Zolani sing die blues bloedrooi

Blou Basson Laubscher

Encore!
The post US Woordfees 2017: Fotoalbum 3 appeared first on LitNet.