Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all 693 articles
Browse latest View live

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met De Klerk Oelofse

$
0
0

De Klerk Oelofse tree vanjaar op by die US Woordfees en Yolanda Wessels vra hom oor sy verskillende produksies.

Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Woordfees?

Die Woordfees het nog altyd ’n baie spesiale plek in my hart. Ek het as student vir die fees gewerk as ’n plekaanwyser om ’n ekstra geldjie te verdien, maar ook om produksies verniet te kan kyk. Dit was ’n fantastiese leerskool om as jong student na ’n verskeidenheid produksies te kon kyk en ook te sien hoe hulle elke aand, afhangend van die gehoor, kan verander. Van daar was ek nog elke jaar in een of ander hoedanigheid by die Woordfees betrokke. Verlede jaar het ek ook 22 vertonings by die fees gedoen, so met dié dat ek dit vanjaar ewenaar, noem ek nou die Woordfees sommer my “homeground.”

By hoeveel produksies is jy vanjaar betrokke?

Ek is vanjaar by vyf produksies betrokke, wat beteken ek gaan ongeveer 22 vertonings in die tien dae doen.

In watter produksies gaan jy te siene wees?

Babbelagtig

Bal-oog & Brommel: Milnerton

Kleedkamer blues

My mense is die kluts Kwyt

Nêrens, Noord-Kaap.

Betrokkenes by die produksie Kleedkamer blues

Wat kan feesgangers verwag en wat dink jy gaan gunstelinge wees?

Ek dink Babbelagtig gaan feesgangers verras. Daar is nog nooit so ’n produksie op feesverhoë aangebied nie en ek het by KKNK gevind dat mense instap met die idee dat dit ’n kinderproduksie is en uitstap met die besef dat ons almal maar klein mensies is.

Bal-oog & Brommel: Milnerton is ook nogal ’n unieke stukkie teater. Twee akteurs, een musikant en ’n wit blok op die verhoog geplak. Dis fisiese teater en mimiek ontmoet Quentin Tarantino, so dis basies die Sewes-rugbyformaat van teater.

Hoe besluit jy/julle watter produksies om in te sluit en hoe pas jy alles in in ‘n skynbaar báie vol dagboek?

Die besluit berus nie altyd by ons as kunstenaars nie. Ons lê maar die stukke aan die feeste voor en dan word dit gekeur of nie. Ek is gelukkig vanjaar dat drie van die stukke wat ek verlede jaar op ander feeste geopen het, by die Woordfeesprogram ingesluit is. Buiten hulle het die fees ook twee stukke (Bal-oog & Brommel: Milnerton en Nêrens, Noord- Kaap) teruggenooi vir nog ’n speelvak by die Woordfees na dit so populêr was op verlede jaar se program.

So ja, my skedule is nogal rof voor die fees, maar as ’n mense goed vooruit beplan is daar genoeg tyd om aan elke produksie die aandag te gee wat die stuk verg.

Die akteurs van Nêrens, Noord-Kaap

Is jy tans slegs akteur of ook self betrokke by die produksie of enigiets ander tov toneelspel/fees?

Ek is ook die vervaardiger van Babbelagtig, so ek moet so tussenin nog ’n bietjie na daai admin ook omsien. Dit is egter vir my verskriklik lekker, omdat ek so lief vir die stuk en die mense in hom is.

Is jy by ander feeste betrokke en hoe ervaar jy die Woordfees en die gees daar?

Ek gaan later in Maart na die KKNK toe ook, waar ons My mense is die kluts kwyt doen.

Elke fees het sy eie unieke feesgees, ja. Dis vir my nogal lekker dat elkeen ’n bietjie anders is. Soos ek vroeër genoem het, voel die Woordfees nou maar vir my soos “tuisgrond”. Dit is waar ek my craft aangeleer en geslyp het en nou kry jaar na jaar kans om dit daar op die proef te stel.

Jy self is ‘n baie veelsydige kunstenaar: van teater, toneel, film tot radio en televisiereekse. Dan is jy boonop vaardig met ander aksente! Dit is nie baie akteurs wat dié talent het en daarin slaag nie!

Ek dink ek is eintlik nogal sleg met aksente, veral internasionale aksente. Ek dink die aksent in Hotel byvoorbeeld is iets wat meer natuurlik na my toe kom omdat dit ’n aksent is wat ek gereeld genoeg hoor. Buiten dit moet ek baie lank en hard werk om ’n aksent onder die knie te kry.

Jou loopbaan het as sulks al op skool begin toe jou ma jou aangemoedig het om aan eisteddfods deel te neem. Van daar het jy in 2010 jou honneursgraad in drama in Stellenbosch verwerf en in 2011 die toekenning vir die mees belowende student ontvang.

Deur die jare is jy vir verskeie teaterproduksies benoem en het ook toekennings gewen. (Fleur du Cap Teatertoekenning vir Beste Ondersteunende Akteur in ‘n musiekproduksie vir Liewe Heksie: Flower Power (genomineer in 2016) asook die Absa Kanna-toekenning by die KKNK vir die rol, die kykNET Fiësta-toekenning vir die beste solo optrede in 2015 in Na-aap (genomineer), die Clover Aardklop-toekenning vir beste akteur in 2014 vir Na-aap, die US Dramadepartement se beste-akteur-toekenning 2009 (wenner) en 2014 (genomineer), ‘n Goue Sleutel-toekenning as Internasionale Akademiese Presteerder top 15% in 2010. In 2010 is jy aangewys as die beste akteur en wen jy die Absa KKNK-toekenning. In 2011 het jy die Fleur du Cap Teatertoekenning as mees belowende student gewen en in 2014 die Naledi Teatertoekenning vir Balbesit.) Hoe ervaar jy dié erkennings, veral omdat jy nog nie ‘n volle dekade in die vermaaklikheidsbedryf is nie?                                                                                             

Die erkenning is altyd wonderlik en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor. Ek dink dit raak gevaarlik as ’n mens begin werk maak met toekennings in gedagte. Mens moet werk maak wat jou as kunstenaar uitdaag, nie wat jy dink pryse gaan wen nie.

Jy noem teater is jou eerste liefde – ervaar jy dit steeds so?

Een honderd persent! Ek dink dis waarna ek vroeër gehint het toe ek beskryf hoe dit was om as student by die Woordfees te kon sien hoe dieselfde produksies aand na aand verander – teater is ‘n lewende organisme wat saam met die kunstenaar en die gehoor groei en ontwikkel. Hoewel televisie en film van die grootste spansporte op aarde is, is hulle nie altyd ’n akteurvriendelike medium nie.

Geniet jy die reisaspek daarvan en die interaksie met teater- en feesgangers?

Die reisaspek is vir my een van die bonusse. Ek was gelukkig genoeg om verlede jaar al nege provinsies in ons land te sien. Ek sal dit vanjaar weer wil doen en dalk selfs ’n paar van die buurlande explore. Ek vind dat jy in jou eie land, tussen jou eie mense net so ’n groot kultuurskok kan kry as enige ander plek in die wêreld.

Om die vermaaklikheidsbedryf jou eie te maak en as voltydse roeping te volg is dalk nie die maklikste in Suid-Afrika nie – is dit waarom jy eers oorweeg het om logistieke bestuur te studeer? Wat het tog jou kop geswaai om eerder jou hart te volg en drama te gaan studeer?

Ek het actually nie ’n clue wat logistieke bestuur is nie. ’n Pel van my broer het op ’n dag vir my gesê “daar is moerse baie geld as jy dit gaan doen”. Toe skryf ek maar in vir dit, wat ook al dit is. My hart was nooit in dit nie, though. Ek het geweet ek wil dalk drama swot en na ek vir Neels van Jaarsveld en Quintin Krog in Boks van Marthinus Basson by Aardklop gesien het, het ek geweet ek móét drama gaan swot en dit móét in Stellenbosch wees, al gaan ek eendag niks geld maak nie.

Watter doelwitte sou jy graag wou bereik en wat sou jy sê is jou “bucket list” as akteur?

My groot droom is om vir die produksie wat ek vervaardig het, Babbelagtig, ’n speelvak in Kaapstad te laat gebeur. Daar steek iets uiters spesiaal in daai produksie en dit verdien ’n speelvak in die stad. Ek sê nie net hierdie goed omdat ek dit vervaardig het nie. As ek nie destyds die Slava’s Snow Show by Kunstekaap gesien het nie, sou ek nooit die idee vir Babbelagtig gekry het nie en net so hoop ek ook om met dié stuk vir gehore ’n ervaring te bied wat hulle sal inspireer.

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

The post US Woordfees 2019: ’n onderhoud met De Klerk Oelofse appeared first on LitNet.


LAPA Uitgewers se aanbod by die US Woordfees

$
0
0

Die US Woordfees vind van 1 tot 10 Maart 2019 plaas. Die volledige feesprogram kan hier besigtig word.

LAPA Uitgewers het talle skrywers wat optree tydens die fees. Hier volg 'n oorsig.


Provence Retoer

Marita van der Vyver, in gesprek met Ingrid Jones

1 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent

R55 | R70 by die deur

https://woordfees.co.za/event/provence-retoer


Armand kook kaal

Armand Aucamp

2 Maart 15:00

60 min | Die Khaya

R80 | R90 by die deur

https://woordfees.co.za/event/armand-kook-kaal


Armand en Du Toitskloof kook kaal

R180 | R200 by die deur 

06 March 19, 19:30, Die Khaya

07 March 19, 19:30, Die Khaya

08 March 19, 19:30, Die Khaya

09 March 19, 19:30, Die Khaya

https://woordfees.co.za/event/armand-en-du-toitskloof-kook-kaal


Sophia Kapp is one the KICK-ASS HEROINES

4 Maart 14:00

60 min | ATKV Boektent

R55 | R70 by die deur

Taal: Engels

https://woordfees.co.za/event/kickass-heroines


 Steinhoff’s Shadow

James-Brent Styan, Rob Rose Pieter du Toit, in conversation with Peter Bruce

5 Maart 10:30 | 60min

ATKV-Boektent | Taal: Engels

R55 | R70 by die deur

https://woordfees.co.za/event/steinhoffs-shadow


Afrikaans se Afrika-Komvandaan

Met Theresa Biberauer, Karin Brynard en Willa Boezak

Aangebied deur LAPA-Uitgewers

5 Maart 11:30

60 min | Drostdy Teater

R55 | R70 by die deur

https://woordfees.co.za/event/afrikaans-se-afrikakomvandaan

 


Biblioteekdag by die US Woordfees

Is jy in beheer van die biblioteek by ’n laer- of hoërskool of by ’n openbare biblioteek? Kom word ’n boekfluisteraar by die Biblioteekdag aangebied deur WOW, LAPA Uitgewers, Vriende van Afrikaans en DGB.

Bring ’n dag of middag deur in die geselskap van boeke en skrywers; kom leer van biblioteekdeskundiges; ervaar die pragtige fasiliteite van die US Biblioteek en geniet daarna ’n skemerkelkie saam met skrywers en boekvriende.

Datum: 6 Maart, gedurende die Woordfees op Stellenbosch 
Tyd: 14:50-18:30
Venue: US Biblioteekouditorium
Navrae en besprekings by: 
jaconettev@lapa.co.za | (021) 913 4626
Koste: R80 (Dit sluit praatjies deur 16 skrywers, ’n gratis boek of tydskrif vir die klaskamer en ’n kaas-en-wyn in.)


Jeanette Ferreira: Bloedlelie

In gesprek met Willemien Brümmer

6 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent

R55 | R70 by die deur

https://woordfees.co.za/event/jeanette-ferreira-bloedlelie


Idasvallei Inspirasieaand

Met Madelein Rust en Shireen Crotz

5 Maart 19:00

120 min | Idasvallei Biblioteek

R80 | R90 by die deur

https://woordfees.co.za/event/idasvallei-inspirasieaand


High Tea met Madelein Rust

 Madelein Rust in gesprek met Marguerite van Wyk

7 Maart 10:30

Oude Werf Hotel | R280 (Plek is beperk)

https://woordfees.co.za/event/high-tea-met-madelein-rust


 Murray se rubrieke

Met Martie Meiring
7 Maart 12:00

Adam Small Seminaarkamer

R55 | R70 by die deur 

https://woordfees.co.za/event/murray-se-rubrieke


Sophia Kapp: Kantelpunt

In gesprek met Anastasia de Vries

8 Maart 09:00

60 min | ATKV-Boektent

R55 | R70 by die deur

https://woordfees.co.za/event/sophia-kapp-kantelpunt


Liefdesromankursus

Aangebied deur Sophia Kapp, Elsa Winckler en Joanna Trollope

9 Maart 09:00 - 17:00

8 ure | JC le Roux | R650

https://woordfees.co.za/event/liefdesromankursus

The post LAPA Uitgewers se aanbod by die US Woordfees appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Cintaine Schutte oor Huishou

$
0
0

Nadia Valvekens en Cintaine Schutte (foto: Leslie van Wyk)

Cintaine Schutte vertel vir Naomi Meyer van Huishou, wat vanjaar by die US Woordfees speel.

Cintaine, jy vertolk die rol van een van twee ma’s in ’n toneelstuk wat vanjaar by die US Woordfees op die planke is. Jou karakter is om twee redes ’n buitestander in die samelewing: weens haar verbintenis met haar wederhelf en weens haar verbintenis met haar kind. Wie is jou karakter en waaroor handel die storie van Huishou

My karakter se naam in Huishou is Hester. Huishou handel oor twee wit vroue in Kaapstad wat ’n swart kind wil aanneem. Die ouer vrou, Dirkie (Nadia Valvekens), is ’n dosent in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ’n huis opbou en volmaak, en dink ook hulle het ’n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou, my karakter Hester).

Hester, heelwat jonger as Dirkie, is ’n loskopwandelaar. Sy ontvang ’n oproep wat haar dwing om na haar ouerhuis terug te keer. Die naweek in haar plattelandse tuisdorp dompel haar in ’n identiteitskrisis, en sy begin wonder oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos wat beide vrouens vasklou aan hul beginsels en verbete baklei om deur die ander gehóór te word, word hul verhouding en liefde op die spel geplaas. Huishou is ’n drama oor verhoudings, die soeke na die “ek” in die “ons”, en ek sal ook sê, mense wat verby mekaar praat.

Om in jou karakter se vel te moes klim – hoe het dit jou laat dink en voel om sy te word, met voortdurende gedagtes oor hoe sy deur die samelewing beskou sou word? Hoe was dit vir jou om ’n tyd lank met jou karakter te moes huishou?

Met Nico Scheepers se fyn, subtiele en sterk spelleidinghand en Philip Rademeyer se ongelooflik digte teks plus Nadia Valvekens se wonderlike energie en samespel kon ek nie vir beter gevra het nie. Hester het baie diep in my hart ingekruip. Ons almal was al daar; ons almal was al sy; ons almal wil haar help; ons almal wil soos sy wees. Een van haar lines in die stuk wat my altyd hard tref, is: "Jy’s nes hulle, dieselfde geraamte, jy het net ’n ander vel aangetrek." Dit sê vir my nogals baie oor waar sy haar bevind. In die klimaat en temperatuur van hierdie land se geskiedenis is dit presies waar sy haar bevind. Die vrees om ook iemand te word wat jy nie wil wees nie, is tog relevant, dink ek, vir enigiemand. Ons as span het ook baie navorsing gedoen en Abraham le Roux, ’n sielkundige in Kaapstad, het ons verskriklik baie gehelp met die psige van die karakters.

Produksiefoto van Huishou: Aardklop

Die idee van die huishouding – ek bly daarby. Ek wil iets vra oor hoe jy dink, terwyl jy die stuk al voor verskillende gehore by ander kunstefeeste gespeel het, oor huishoudings deesdae, veral ss mens daaraan dink as ’n soort vertaling van "good housekeeping". Bestaan daar iets soos ’n netjiese huishouding met stereotiepe mense van verskillende geslagte, maar eenderse kultuurgroepe? Hoe het jy vanaf die verhoog mense se reaksies ervaar?

Ons het juis eendag ’n teatergesprek na afloop van ons show in Aardklop gehad en daar was nogals ’n uiteenlopende groep mense en teatergangers wat agtergebly het om deel te wees van die gesprek. Behalwe dat ons die proses en teksontleding met hulle kon deel, was dit hul beurt om hul menings te lug en dit was vir ons as span die beste deel van die gesprek. Daar is ’n groot behoefte by elkeen om te hoort, om gehoor te word, om te probeer verstaan selfs wanneer hulle nie verstaan nie. En dat daar ook ’n verdere laag in die verhoogstuk is wat wys op die plek van die vrou in ons hedendaagse kultuur. En hoe om die verhoudingstalent van vrouwees te integreer met liberale feministiese ideale. Ons aanvaar ook dat die produksie ’n warmte en intimiteit kweek by gehoorlede wat dit kom kyk, dat daar nie iets soos ’n perfekte huishouding bestaan nie, en dis oukei.

Ek wil vra oor die land as huis ook. Hoe hou mens huis in ’n ruimte wat is soos wat dit is? Hoe Marie Kondo / KonMari mens jou land se huishouding, met al die verwagtinge en persepsies?

Ek dink wat veral sigbaar is in elkeen van die karakters se emosionele landskap ten opsigte van die land as ’n huishouding, is dat elkeen hul stukkie uit die reënboognasie wil kerf, hul spoor wil los – hul stem moet gehoor word. Elkeen wil maar net beter wees as die vorige generasie, as die vorige nageslag. Ongelukkig bots van hul sienings en oortuigings met mekaar. Is dit nie maar die temperatuur en klimaat van ’n land nie? Daar is ’n deel wat Hester duidelik aan Dirkie maak: "Ek weet my mense is fucked up en ek weet ons geskiedenis is gefok, maar ek weet nie wat om daarmee te doen nie. Ek kan nie lewe soos my ouers gelewe het nie, maar ek kan ook nie elke dag van my lewe skuldig voel nie." Dan is daar ook Dirkie wat dit oor en oor beklemtoon: "Ons gaan sy ma’s wees en ons gaan vir hom die tipe familie gee wat nie een van ons gehad het nie. Ek weet daar is nie ’n bloudruk nie, maar ten minste weet ons wat om nié te doen nie, hoe om nié te wees nie. Is dit nie die doel nie? Vir elke geslag om beter te wees as die een voor hom nie?" 

Wat was vir jou die lekkerste van die stuk en wat was die moeilikste? 

Ek dink die moeilikste was om die vervaardigershoedjie en die acting-hoedjie te balanseer. Ek moes konstant tussen die spel en vervaardiging kophou, maar dit was elke liewe minuut die moeite werd. Want dit was die lekkerste om elke dag in die repetisiespasie in te stap en te kan weet ek gaan vandag Philip Rademeyer se woorde kan sê, ek gaan vandag kan leer by die wonderlike regisseur en vriend Nico Scheepers, ek gaan vandag saam met Nadia Valvekens kan speel en eerlike prentjies bou, ek gaan my amazing verhoogbestuurder Lara Hattingh kan vra om die onmoontlike moontlik te maak, en met die ongelooflike ondersteuning van Alexa Strachan en haar Aardklop-span, KunsStig en NATi, waaroor kan ek nou eintlik kla?

  • Huishou is vir etlike pryse, in byna elke kategorie, by die kykNET Fiëstas benoem (hier is die volledige lys benoemings). Nadia Valvekens het Beste Aktrise 2018 by die Aardklop Nasionale Kunstefees gewen.
  • Behalwe dat Huishou by die US Woordfees speel, is daar ook speelvakke by KKNK 24–27 Maart.
  • Die produksie word ondersteun deur Aardklop Nasionale Kunstefees, KunsStig en NATi.

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met De Klerk Oelofse

US Woordfees 2019: ’n Gesprek met Mercy Kannemeyer

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha

The post US Woordfees 2019: Cintaine Schutte oor <em>Huishou</em> appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Gielie Hoffmann se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Gielie Hoffmann se keuse van drie produksies:

MI(SA)

Musiekteater

’n Ko-produksie tussen NATi, US Woordfees en Suidoosterfees

Skrywer: Antjie Krog (Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum) 
Regisseur: Marthinus Basson 
Dirigent en musikale regisseur: Pieter Bezuidenhout 
Stelontwerp: Marthinus Basson & Michael Mitchell 
Musiek: Misa Criolla gekomponeer deur Ariel Ramírez, Missa Luba gekomponeer deur Guido Haazen, Nuwe verbond gekomponeer deur Antoni Schonken 
Choreografie: Sifiso Kweyama en Ina Wichterich 
Kostuums: Michael Mitchell 
Verhoogbestuurder: Danielle Louw 
Projekbestuurder: Corneil Muller 
Vervaardiger en beligtingsontwerp: Chris Pienaar

MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiek deur Antoni Schonken: Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum. Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep ’n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde. Krog noem dit ’n “wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer.” Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie – die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.

Geen o/13 (N)

Taal: Verskeie

Amanda Strydom, Ernestine Stuurman, Makudupanyane Senaoana , Ané Pretorius , Erik Dippenaar, Cape Town Opera Choir
 
R100 - R180 | R200 at the door
Koop nou op Computicket hier
 

CHARL DU PLESSIS TRIO: SPEEL BEETHOVEN

Musiek: Ludwig van Beethoven verwerk deur Charl du Plessis

Die hoogaangeskrewe Charl du Plessis Trio is pas vereer met ’n tweede SAMA-toekenning as beste klassieke instrumentale opname-kunstenaars in Suid-Afrika. Die trio besoek weer eens die Woordfees, dié keer met hul jongste bydrae: Speel Beethoven. Hierdie nuweling-produksie is ’n samevatting van die bekendste Beethoven-melodieë in ’n nuwe swing-gewaad. Werke soos die Maanlig-sonate, die vyfde simfonie, Für Elise, die grootse Keiser-concerto en ander gunstelinge, word hier getransformeer in nuwe bewerkings in die unieke styl van die Trio. Speel Beethoven is ’n kombinasie van die verfynde vertolking van die Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, die ervare en elegante bas-spel van Werner Spies, en die kraakvars trommelings van Peter Auret. Die Charl du Plessis Trio het reeds sewe CD- en twee DVD-opnames bekend gestel, met hul gewilde Baroqueswing-reeks onder die Switserse Claves-etiket, en het ook optredes in Europa en China op hul kerfstok.

Werner Spies, Charl du Plessis , Peter Auret
 
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

SAMSON

Musiekteater 

In samewerking met: Die Nasionale Lotery-kommissie, Grahamstadse Nasionale Kunstefees en die US Woordfees

Skrywer en regisseur: Brett Bailey
Musiek: Shane Cooper
Choreografie: Vincent Mantsoe
Beligtingsontwerp: Wolf Britz Stelontwerp: Brett Bailey en Tanya P. Johnson
Vervaardiger en produksiebestuur: Barbara Mathers en Third World Bunfight
Video-animasie: Kirsti Cummings

Hierdie dans-musiekteater is gegrond op Ou Testamentiese waardes van oorheersing, verraad en rebellie, maar dit speel af in die konteks van hedendaagse politieke ekstremisme, ongelykheid, ontheemding en geweld. Aan die woord is opera, kore, animasievideo’s en elektroniese musiek. Dis heerlik anargisties.  

Geen o/16    

Taal: Engels

R120 - R180 | R200 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 
 

The post US Woordfees 2019: Gielie Hoffmann se keuse appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Marthé McLoud se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Marthé McLoud se keuse van drie produksies:

ENDGAME

Drama

’n Baxter Teaterkompleks-produksie in samewerking met Derek Lubner, ondersteun deur die US Woordfees

Skrywer: Samuel Beckett 
Regisseur: Sylvaine Strike 
Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis 
Kostuums: Birrie le Roux

Samuel Beckett, een van die voorbokke van die Teater van die Absurde, se klassieke Endgame het uitverkoop-sukses in die Baxter Teater behaal. Vier veelbekroonde teater-ikone is te sien in dié geslype stuk, wat die verhouding tussen baas en klaas, nar en onderdrukte, pa en seun, ouer en kind ondersoek. Sylvaine Strike druk haar bekende magiese stempel uit die regisseurstoel op hierdie briljante drama af. Dis Beckett se skerp insigte in ’n uitsiglose, tragikomiese bestaan met tipiese galgehumor.

Geen o/12

Taal: Engels

Andrew Buckland, Rob van Vuuren, Antoinette Kellermann, Soli Philander
 
R85 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

DIE ROAD TRIP

Komedie

Skrywer: Ferdinand Bekker 
Regie en tegniese versorging: Gaerin Hauptfleisch 
Vervaardiger: Stercus Produksies

Jaco en Belarus (dis sy regte naam) is op pad. Die plan is ’n road trip van suid na noord net vir die manne. Maar alles is nie meer so eenvoudig soos 20 jaar gelede nie. Dinge rafel vinnig uit as die twee hul verlore jeug probeer inhaal – met skreeusnaakse gevolge. Dan wag daar boonop ’n verrassing wanneer die teëspoed hulle in die middel van nêrens, naby Trompsburg in die Vrystaat, tref.

Geen o/12      

Taal: Afrikaans

Brendon Daniels, Waldemar Schultz
 
R130 | R150 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

MY SEUNS

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Regisseur en skrywer: Christo Davids 
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen 
Musiek: Leslie Javan 
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer 
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.

Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.  

Geen o/14 (T)             

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Louw Venter, Edwin van der Walt, Sandi Schultz, Buhle Ngaba, Donovan Pietersen
 
R100 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

The post US Woordfees 2019: Marthé McLoud se keuse appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Ryno Eksteen se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Ryno Eksteen se keuse van drie produksies:

KATVOET

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie, ondersteun deur die US Woordfees

Skrywer: Tennessee Williams  Verwerking en regie: Nico Scheepers  Beligtingsontwerp: Michael Garbett Kostuumontwerp: Rouvé Hattingh Stelontwerp: Nico Scheepers Stel konstruksie: Patrick Curtis Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp  Assistent verhoogbestuurder:Lara Hattingh Vervaardiger: US Woordfees in opdrag van NATi

Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof kry hier nuwe lewe in ’n vars verwerking. Nico Scheepers het die toneel verskuif na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld. Dis hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaarsdag. Boela, die oudste seun, drink homself dood om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef. Watter familiedramas wag nog om uitgepluis te word?

Geen o/16 (T)                                      

Taal: Afrikaans

Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk Loots, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Geon Nel
 
R120 - R160 | R180 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 
 

MY SEUNS

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Regisseur en skrywer: Christo Davids 
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen 
Musiek: Leslie Javan 
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer 
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.

Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.  

Geen o/14 (T)             

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Louw Venter, Edwin van der Walt, Sandi Schultz, Buhle Ngaba, Donovan Pietersen
 
R100 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

3 SUSTERS...

Komiese drama

In samewerking met: Innibos-Kunstefees, LW Hiemstra-trust, KWV, Clemengold, Vision Insurance en Hannon 
Skrywer: Louis Pretorius
Regisseur: Tara Notcutt
Stelontwerp en kostuums: Scenic Studio
Beligtingsontwerp: Scenic Studio en Tara Notcutt
Klankbaan: Gideon Lombard
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. ’n Bord sushi sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy’s bang vir vlieg. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? 

Taal: Afrikaans 

Margit Meyer-Rödenbeck, Nicole Holm, Lizz Meiring
 
R135 - R145 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

The post US Woordfees 2019: Ryno Eksteen se keuse appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Lydia Potgieter se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Lydia Potgieter se keuse van drie produksies:

TOUTJIES & FERREIRA

Komedie, dan drama

’n US Woordfees-produksie, ondersteun deur Aardklop met ontwikkeling ondersteun deur NATi

Skrywer: Saartjie Botha 
Regisseurs: Wolf Britz en Nicole Holm 
Stel- en beligtingsontwerp: Wolf Britz 
Musiek: Antoni Schonken 
Kostuums: Beaura Jacobs 
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp

Al ooit gewonder wat gebeur op die verhoog in die uur voor ’n vertoning by ’n kunstefees begin? Die antwoord is ongelóófik baie. Kom benut ’n seldsame kans om hierdie gekke, snaakse, spanningsvolle uur met akteurs en tegnici te beleef. Jy gaan lag en dan gaan jy minder lag in dié produksie wat as komedie wegspring en by knop in die keel eindig. As jou kinders emigreer is die vooruitsig van Skype op ’n Sondag met kleinkinders wat Engels praat, ’n skrale troos. Spesiaal vir diesulkes en ander wat sit met ’n gat in die hart; ook vir feesfoendies, en almal wat nog nooit agter die skerms in ’n teater was nie.

Geen o/14 (T)

Taal: Afrikaans

Frank Opperman, Joanie Combrink, Anthea Thompson, Esther von Waltsleben, Aphiwe Livi, Geon Nel, Wolf Britz, Malan Steyn, Melanie Scholtz, Antoinette Kellermann
 
R120 - R150 | R170 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 

SOEBATSFONTEIN

Drama
Skrywer: Annemarie van der Walt 
Regisseur, stel- en beligtingsontwerp: Philip Rademeyer 
Kostuums: Philip Rademeyer en Lize van Rooyen 
Verhoogbestuurder: Lize van Rooyen 
Vervaardiger: Giep van Zyl in opdrag van Innibos

Twee vriendinne deur dik en dun onderneem ’n lang reis op die land se agterpaaie. Ken hulle mekaar werklik so goed? Wat is daardie band wat vriendinne met mekaar smee wat alle aanslae kan oorleef? En hoe broos is die band? Wanneer die deurslot van ’n afgeremde hotelkamer op Soebatsfontein breek en die vriendinne binne vasgekeer word, kom alles wat vir jare ongesê gebly het na die oppervlak. En hul oë gaan oop.

Geen o/14 (T)

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Franci Swanepoel
 
R120 - R145 | R165 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

MY SEUNS

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Regisseur en skrywer: Christo Davids 
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen 
Musiek: Leslie Javan 
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer 
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.

Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.  

Geen o/14 (T)             

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Louw Venter, Edwin van der Walt, Sandi Schultz, Buhle Ngaba, Donovan Pietersen
 
R100 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

The post US Woordfees 2019: Lydia Potgieter se keuse appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Anelene Schoonees se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Anelene Schoonees se keuse van drie produksies:

 

3 SUSTERS...

Komiese drama

In samewerking met: Innibos-Kunstefees, LW Hiemstra-trust, KWV, Clemengold, Vision Insurance en Hannon 
Skrywer: Louis Pretorius
Regisseur: Tara Notcutt
Stelontwerp en kostuums: Scenic Studio
Beligtingsontwerp: Scenic Studio en Tara Notcutt
Klankbaan: Gideon Lombard
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. ’n Bord sushi sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy’s bang vir vlieg. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? 

Taal: Afrikaans 

Margit Meyer-Rödenbeck, Nicole Holm, Lizz Meiring
 
R135 - R145 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier

SKY EN CZECH

Drama

Ondersteun deur NATi en die US Woordfees

Skrywer: Ashraf Jamal 
Vertaling: Gérard Rudolf 
Regisseur, stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Marí Borstlap 
Verhoogbestuurder: Jeandré Hammond 
Vervaardiger: Mana Masjien in opdrag van die US Woordfees

Ná ’n reis van 6 000 km dwarsdeur die land spoor Czech uiteindelik sy beste vriend, Skyler, op in ’n vuil sinkgehuggie in die middel van nêrens. Die Sky wat Czech daar aantref, is nie die Sky wat hy onthou nie. Sy vriend het afstand gedoen van die wêreld. Hy leef reeds in sy eie werklikheid. Czech wil Sky terugsleep na sý rigiede wêreld toe – ’n wêreld van reëls, roetine, vierkantige boksies en reguit lyne, maar Sky gaan nêrens heen sonder om te skop en te skree nie.

Geen o/14 (T)  

Taal: Afrikaans

Gérard Rudolf, André Roothman
 
R100 - R140 | R160 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 

O, DIE DONKIE!

Tragikomedie

Skrywer: Dana Snyman 
Regisseur: Gerrit Schoonhoven 
Stel-, beligtingsontwerp en vervaardiger: Lets be Frank Productions 
Verhoogbestuurder: WS Beyers

Ontmoet mnr. Barry Swart, die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is ’n bekommerde man. Daar is persberigte dat die skool besig is om agteruit te gaan. Daar’s ernstige dissipline-

probleme, rassistiese voorvalle en dit lyk of Afrikaans se dae getel is. Boonop het die eerste rugbyspan nou al vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.

Taal: Afrikaans

Frank Opperman
 
R120 - R140 | R160 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 

The post US Woordfees 2019: Anelene Schoonees se keuse appeared first on LitNet.


US Woordfees 2019: Sonja van der Westhuizen se keuse

$
0
0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Sonja van der Westhuizen se keuse van drie produksies:

OPERASIE HOLM!

Komedie

Skrywer: Marion Holm 
Regie en beligtingsontwerp: Chris Vorster 
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp 
Vervaardiger: Handyminds

Marion Holm en Chris Vorster het nog ’n jaar oorleef en deel dankbaar en heel plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het. Marion kan dit steeds nie bekostig om ’n akteur of drie te betaal nie – daarom speel sy al die rolle sommer self. Daar’s armoede, padwoede, honde en die alledaagse gesukkel met ’n gesukkel. As jy graag iets ontstellend ernstigs wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ’n KLEIN bietjie dink – kom kyk gerus.     

Taal: Afrikaans

Marion Holm
 
R120 - R130 | R140 by die deur   
Koop nou op Computicket hier
 

NIK RABINOWITZ & ALFRED ADRIAAN

Alfred Adriaan is ’n boorling van die Oos-Kaap en een van Suid-Afrika se gewildste jong stand-up-komediante, met sewe Comics Choice-nominasies. Hy tree vanaand vir die eerste keer op by die Woordfees. Adriaan het al in New York opgetree sowel as by komediefeeste in Perth en Sydney. Daarna is dit Nik Rabinowitz se beurt. Dit is die derde jaar in ’n ry dat Rabinowitz feesgangers gaan vermaak. Kom lag jouself ’n papie wanneer hierdie wêreldbekende Xhosa-sprekende Jood nuwe materiaal deel. 

Nik Rabinowitz, Alfred Adriaan
 
R130 | R150 by die deur Geen o/14
Koop nou op Computicket hier
 

SCHALK BEZUIDENHOUT & LOYISO MADINGA: BROKEN ENGLISH

Schalk Bezuidenhout en Loyiso Madinga is terug by die fees, dié keer met hul unieke tweeman-vertoning, Broken English. Dié twee briljante jong komediante is albei sedert 2011 besig om vir hulself naam te maak. Bezuidenhout, die krullebol-komediant met die snor en bont truie, is reeds ’n ou bekende by die Woordfees, en Madinga het onlangs die eerste Afrika-korrespondent op Trevor Noah se The Daily Show geword. Albei tree deesdae ook dikwels oorsee op. Verwag meer lagbuie as grammatikale foute.

Schalk Bezuidenhout, Loyiso Madinga
 
R130 | R150 by die deur Geen o/14
Koop nou op Computicket hier
 

The post US Woordfees 2019: Sonja van der Westhuizen se keuse appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Soos ’n bliksemstraal – Uit die bloute

$
0
0

Uit die bloute is ’n musiekteaterstuk wat in die 90’s een van die mees suksesvolle produksies ná die afskaffing van die destydse streeksrade was. Nou herleef hierdie vindingryke herverbeelding van twee klassieke kortverhale van Eugéne Marais met die gewilde akteurs Paul du Toit en Jenna Dunster onder begeleding van topmusikante.

Uit die bloute is ’n musiekteaterproduksie wat op elkeen se feeswenslys moet verskyn. Amper 23 jaar gelede was dit ’n jong Anna-Mart van der Merwe en Gys de Villiers wat die hoofrolle in die produksie vertolk het. Dit was ’n groot lokettreffer en is oor die 200 keer in amper twee jaar opgevoer. Die produksie het die land deurkruis en vol sale gelok – van Prieska tot Springs.

En nou is dit weer op die planke. Vervaardiger Giep van Zyl sê Uit die bloute het destyds só ’n impak op hom en gehore gemaak, dat hy en Lizanne Barnard (wat die musiek gekomponeer het en medevervaardiger is) besluit het om dit te laat herleef.

“Eugène Marais se verhale is so tydloos en universeel. Ons wil Marais se werk en sy wonderlike gebruik van Afrikaans aan nuwe gehore bekend stel,” vertel Van Zyl. “Sy verhale het vandag nog steeds waarde en hou lesse in wat steeds relevant is.”

Uit die bloute is gegrond op Eugène Marais se kortverhale en gedigte. Dié meester-storieverteller se werk kry lewe op die verhoog deur Paul du Toit en Jenna Dunster se sielvolle vertolkings. Du Toit (Fiësta-wenner), en Dunster van onder andere Donkerland-faam, is twee dinamiese akteurs wat sensitief met Marais se woorde omgaan.

Twee van Marais se kortverhale kry verbeeldingryk gestalte. “Die lied van die reën” vertel die storie van die soeke na water.  “Die storie gaan oor water, maar dit het eintlik te doen met politiek,” verduidelik Van Zyl. “Dit gaan oor ouens wat te veel mag het en so magsdronk word dat hul kontak met die werklikheid verloor. En dit is so relevant vandag. Die Afrikaans wat in die Koranna-storie gebruik word, is net so mooi.”

Die tweede storie is “Salas Y Gomez”. Dis die verhaal van ’n jong boer wat vir maande lank vasgekeer is op ’n rotslys van waar hy sy plaas kan sien, maar niemand weet waar hy is nie. Dan sien hy op ’n dag hoe die vryers opdaag by sy jong bruid...

Die produksie word deurgaans ondersteun deur musiek en byklanke. Die musiek vir Uit die bloute is gekomponeer deur die ATKV Crescendo-wenner Lizanne Barnard wat haar elf toonsettings van Marais se gedigte in ’n treffende kombinasie van Afrika-klanke en moderne elemente verwerk het. Bygestaan deur veteraanmusikante Jahn Beukes, Leon Ecroignard en die jong Pyjama Shark word die plaaswerf, die berge van Mamatola en die diepste emosies van die karakters deur musiek en byklanke ingekleur.

Uit die bloute is ’n unieke teaterervaring: Die storie is tydloos, die musiek roer jou en die vertolkings tref diep.

Uit die bloute speel op 6 en 8 Maart by die US Woordfees.

Laai die volledige feesgids in PDF-formaat af (33 MB)

The post US Woordfees 2019: Soos ’n bliksemstraal – <i>Uit die bloute</i> appeared first on LitNet.

Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp

$
0
0

Strafjaart
Theo Kemp
Penguin Random House Struik
ISBN: 9781485903888

Theo Kemp praat met Naomi Meyer oor sy boek Strafjaart, waarvan die eerste bekendstelling by die US Woordfees plaasvind.

Theo, wat was die sneller of prikkel om Strafjaart te skryf? Wat was die dag toe jy besef het hierdie moet ’n storie word, of ’n boek?

Dit klink so verskriklik pretensieus, maar dit is werklik asof die storie my kom haal het. Ek het voor Strafjaart soveel skryfprojekte begin, maar dan telkens my belangstelling verloor. Ek wou nie oor tronk skryf nie, ek wou my familielid ondersteun. Maar ek het na die eerste besoek geweet dat ek emosioneel ingekatrol voel; dat ek op ’n onverklaarbare en onkeerbare manier betrokke is. Dit is die enigste kans wat ek dink ek ooit sal hê om te kan skryf – as my denke oorgeneem word. Dan hoop ’n mens dat die storie jou nie los nie, en as jy nie moeg raak daarvoor nie, begin jy besef na ’n paar maande dat daar wel moontlik ’n storie van kan kom. Dit is nie een dag se besef nie, dit is maande se skryf voor jy weet daar is nie omdraai nie.

Hoe verskil die hoofkarakter in Strafjaart van die navorser in Skool?

Die navorser, hoe afgemat sy onderwerp hom ook al gemaak het, was baie vryer as die hoofkarakter in Strafjaart. Hy het die keuse gemaak om navorsing te doen oor die verval van ons skoolstelsel, waar die hoofkarakter in Strafjaart nooit wou gaan rondkrap het in Pollsmoor nie. Hy het niks daar verloor nie, so het hy gemeen. Die strafjaart word die plek waar hy deur konfrontasies sy bestaan kan verstaan, tot dieper insig kom van sy eie ingehoktheid. Die man is veertig, sy vrou is swanger, hy gaan deur ’n eksistensiële krisis en hy moet besef dat hy nie so vrydenkend is as wat hy gehoop het hy is nie. Die navorser in Skool behou op ’n manier sy afstand, terwyl die hoofkarakter in Strafjaart derms en al deel is van dit wat hy juis nie meer oor wou weet nie.

‘n Wit navorser wat skryf oor die lewe van gevangenskap en vrouegevangenes. Wie se storie(s) het jy vertel? Hoe het jy die benader, of was daar nie ‘n doelbewuste tegniek nie?

Nee, daar was nie ’n doelbewuste tegniek nie. Ek het die stories neergeskryf soos wat ek dit waargeneem het, maar anders as met Skool het ek myself van die begin af die vryheid gegun om te verbeel. Jy ontmoet baie mense in Pollsmoor; jy sukkel om dit werklik alles in te neem. Sommiges bly jou by, maar verdwyn dan weer. Van hulle se stories verbeel jy dan verder. Wat sou gebeur as die hoofkarakter in hulle huise sou gaan sit? Ek het deur die hele proses geworstel met die vraag oor wie se storie ek eintlik vertel. Juis omdat ek so na aan myself gekom het, dat ek oor my familie skryf waaroor ek gewaarsku is, het ek soos ’n dief gevoel. Ek het egter ook deur die hele proses besef dat die klem nie moet val op kulturele toe-eiening nie, maar op waarneming. Ons is vrot getuies van mekaar se lewens. As ons beter getuies word, as die een kan sien wat die invloed is van sy of haar storie op die ander, sal ons beter begrip hê van mekaar in hierdie land.

Iewers in die verhaal, die tronkbewaarder wat vertel as mens dag in, dag uit in die tronk werk, is mens later eintlik maar self in gevangenskap. Hoe het jy dit ervaar, as besoeker, wat al daar rondgestamp is, wat gekonfronteer is en die omgewing telkens geabsorbeer het as jy daar op besoek was?

Ek was deurentyd bewus van die lyflikheid van die hele strafproses. Mense, so ook die bewaarders, word fisiek toegesluit. Dit is hulle liggame wat gestraf word, wat afgetakel word in ‘n ruimte wat ontwerp is met onmenslikheid om elke hoek en draai. Jy is daarom dan meer ingestel op hoe mense lyk, ruik, en dat almal wat daar toesluit en toegesluit is, die liggame van die staat geword het. Die konsep van wat gevangenis is, van wat ons doen om mense uit die samelewing te verwyder, kry lyf wanneer mens Pollsmoor besoek. Jy draai jou kop net effens anders, en dan sien jy die primitiwiteit daarvan in. Dis ‘n grillerige werklikheid. Ons het na al die eeue steeds geen idee wat ons moet doen met hulle wat ons gekoesterde samelewing bedreig en skaad nie.

Hoe het dit jou met jou eie familie en jou komvandaan gekonfronteer as jy vir 'n familielid in die tronk gaan kuier? Wat was jou ontdekkings, of jou vrae?

Die grootste vraag waarmee ek geworstel het, was uiteraard hoeveel en wat ek oor my familie mag ontbloot. Ek het die toestemming van my familielid gevra, maar steeds was dit vir my ‘n baie moeilike ding om oor haar te skryf. Ek het Lizette natuurlik heeltemal anders geskryf en weggekom van die werklike persoon. Jy word gekonfronteer met die vraagstuk rondom belangrikheid. Vir die eerste keer besef jy dat dit in Pollsmoor nie saak maar waar jy vandaan kom nie. Jy is kort van asem besig om te probeer verstaan hoekom jy dink jy en jou familie is beter as die ander gestrafdes. Dink jy omdat jy wit is, of van ‘n kleindorpse boerebestaan kom, behoort jy nie gestraf te word nie? Of ten minste net apart gestraf moet word? Ek was telkens diep geraak deur die stories van soveel besoekers wie se familie al vir geslagte lank gestraf raak. Vir hulle, of so het ek soms gevoel, was dit amper soos om mense in die hospitaal te besoek. Baie besoekers daar is bevrees oor die praktiese dinge – soos dat die gevangene nie meer ‘n inkomste kan inbring nie, of kan help kinders grootmaak nie – eerder as wat hulle aanhoudend hul koppe wou wegsteek van skaamte.

Jy was navorser en ook voyeur in een van die land se gevaarlikste tronke. Die leser is gedeeltelik voyeur van jou lewe – of is sy? Hoe kies mens, soos op Facebook met betrekking tot die foto's wat mens deel, watter aspekte van die navorsingsproses of die gesinslewe om uit te stal?

Ek was eerder voyeur as navorser. Ek wou vir die leser ‘n kamera op my skouer plaas om saam te stap deur die benoude gange van Pollsmoor sonder dat ek ritse statistiek of harde navorsingsfeite wou deel. Ek het op daardie aspekte van die gesinslewe gefokus wat ‘n agterdoek skets waarteen tronk verstaan kan word. Die hoofkarakter sukkel met angs en depressie – hy is toegemaak in sy eie bedompigheid. Sy vrou is swanger en voel vasgekeer. Sy oupa het die tronk vrygespring, maar was tot die dood toe die gevangene van sy eie skuldgevoelens. Sy pa kon nie sy plek in die lewe vind nie. Die hoofkarakter het genoeg geld en tyd om navorsing te kan doen oor iets byna onbenulligs, maar steeds is hy uitgelewer aan die straf wat deur geslagte aan hom oorgedra word.

Dit was moeilik om ontblotend te skryf oor die gesinslewe, maar ook bevrydend. Ek het darem ook wegbeweeg van die self en ‘n hoofkarakter weg van myself probeer skep. Ek wens byvoorbeeld ek was so ryk soos hy om net te kon navorsing doen!

'n Mens hoor soms van die gerieflike lewensomstandighede van misdadigers waarvoor belastingbetalers betaal. Mens hoor soms dat sommige mense 'n misdaad sal pleeg om liewers weer tronk toe te gaan omdat hulle lewensomstandighede buite die tronk so haglik is. Hoe voel jy hieroor na jou eie besoeke aan Pollsmoor en na beskrywings van jou tannie oor haar ervarings?

Pollsmoor is allesbehalwe gerieflike lewensomstandighede, maar vir baie misdadigers is dit sekerlik beter omstandighede as daarbuite. Ek het ouers ontmoet wat dankbaar is dat hulle kinders in die tronk is, juis omdat hulle dan ten minste nie deur die bendes doodgeskiet kan word nie. Die grootste probleem is nie dat die meerderheid misdadigers in die tronk beland nie; eerder dat hulle herhaaldelik na Pollsmoor gestuur word. Dan is daar mos iets inherent verkeerd met die strafstelsel en met die idee van rehabilitasie. Dit is nie dat mense wil teruggaan tronk toe omdat dit binne beter is as buite nie; eerder dat daar nie ‘n ander heenkome is nie. Ek het jong seuns ontmoet wat deel word van die bendes omdat dit toegang tot dwelms en geld bied. As daardie jongmense – met die lewe nog voor hulle – uit Pollsmoor stap, is hulle reeds gebrandmerk deur die samelewing. Niemand wil hulle in diens neem nie, en die bendes wil hulle nie uitlos nie. Wat is sulke persone se verweer teen die stroom wat hulle bly intrek en dan telkens uitspoeg in een van die gevaarlikste tronke, met die meeste bendes?

Ons land se tronke is oorvol. Tog is dit steeds die mees strawwe straf wat 'n mens opgelê kan word. Kan 'n suksesverhaal uit 'n tronk kom? Hoop, goed, iemand wat gerehabiliteer word (as dit die regte woord is)?

Daar is stories van hoop wat uit die tronk kom, alhoewel dit werklik moeilik is. Ek dink aan die storie van Wilson, oor wie ek skryf, wat banke beroof het en vir jare in Pollsmoor toegesluit is. Daardie man het ook weer uitgespoel in Pollsmoor, maar hierdie keer aan die anderkant daarvan. Hy is nou besig om elke dag van sy lewe jongmense te probeer help om uit die maalkolk van misdaad te kom.

Daar was nie antwoorde op die skoolstelsel ná Skool nie. Daar was waarnemings. Daar was 'n oopvlek van dinge wat jy kon sien, wat jy moes neerskryf. En met Strafjaart? Wat is eenders, wat is anders? (Ek dink onafwendbaar aan die soort stellings na 'n somervakansie: "Terug hok toe.")

Met Skool wou ek spesifiek waarneem om te kon uitvind wat fout is met ons skoolstelsel, waarom ons ons kinders so liederlik faal. Dit terwyl onderwys die eerste plek is waar ons moes begin het om die agterstande uit te wis. Met Strafjaart wou ek nie soseer iets oopvlek nie, maar het onvermydelik begin om waar te neem om sekere vrae te probeer verstaan. Waarom bou ons tronke as dit nie werklik mense rehabiliteer nie? Ons soek eerder vergelding as om te rehabiliteer. Hoe hoop ‘n mens dat die oortreder moet hoop kry om te rehabiliteer, terwyl dié wat hulle toesluit, lankal hoop verloor het? Verdien mense tweede en derde kanse? Hoekom wens ons die oortreders word tot hulle sinne toe gestraf – ons wil hê hulle moet seergemaak word soos hulle seermaak – maar ons wil dit nie sien gebeur nie? Ons wil vergeet van die boses tussen ons. Dit is opvallend hoe Pollsmoor “weggesteek” word in Tokai. Die vrae was ingewikkelder met Strafjaart, want die onderwerp is minder omlyn.

Wat het jy gedink sou jy sien as jy na die lewe in die tronk begin kyk?

Ek moet erken dat ek aanvanklik so verknies was oor my familielid se welstand dat ek nie werklik gedink het aan wat om te verwag nie. Dit was dalk beter so, anders was ek moontlik nog banger om haar te gaan besoek.

Wat hét jy gesien?

Gesigte van trauma, van ontbering. Ek het ook die gesigte van mense gesien, in plaas van gewoon geharde misdadigers. ‘n Mens hoop dat jy net die uitwerpsels van die lewe sien, om jouself te kan oortuig dat die gevangenes die haglikheid verdien. Dit raak aan diep wande van jou siel as jy vroue in tronkklere sien met babas, jongmense, kinders wat saam kom besoek. Jy sien mense wat met karige kospakkies hulle familie kom besoek. Ek het nie gedink aan die medebesoekers voordat ek begin besoek aflê het nie. Dit is mense wat van buite inkom na dié wat binne is en daar gebeur iets in daardie ontmoetings­oomblikke in die strafjaart. As lughawens die plekke is waar mense afskeid neem, plekke is van vertrek, is tronke die saamkomplek van die aandadiges. Die besoeker is onlosmaaklik deel van die gestrafde – daar is ‘n rede waarom jy kom besoek, en daardie rede bind jou aan die skuldige, van wie jy nie kan afstand doen nie.

Dis 'n swangerskapverhaal,  heel persoonlik en deurlopend in die agtergrond. Dit is ook ‘n swanger verhaal. Wie was die kind wat uiteindelik gebore is? (Ek vra dit figuurlik, maar letterlik ook, want ouerskap is so: “Wat om te verwag wanneer jy verwag” vertel jou een ding, en as die kind gebore word, is die ervarings gans anders. Of hoe?)

Ouerskap bring nederigheid. Jy tree uit die sentrum van jou bestaan en probeer jou kind grootmaak, weerbaar maak, maar ook grootmaak met die hoop dat jou seun of dogter sy of haar eie weerloosheid en dié van ander sal herken en respekteer. Dit is ’n ontsaglike verantwoordelikheid waarin jy voortdurend twyfel of jy daarvoor opgewasse is. Saam met hierdie erkentenis kom die besef dat jou kind ewe feilbaar is. As ouer kyk jy nou anders na mense – ook na dié agter tralies. Dit is noodwendig iemand se dogter wat jy sien. Dit is iemand wat gekoester is, of juis nie. As ek destyds toe ek Skool geskryf het, al ’n ouer was, was dit ’n ander boek.

Ek wou in Strafjaart iets weergee van daardie opwinding, maar ook angs, om vir die eerste keer ’n ouer te word. Hoe bring jy ’n kind in hierdie gebroke wêreld in, wat nog te sê van hoe jy die kind ongeskaad gaan grootmaak? Ek wou ook speel met die idee dat ons in sonde gebore word; dat ons onderwerp is aan die strafjaart.

En daar is 'n betrokkenheid by perlemoenstropery ook nog – dis een van die redes hoekom die tannie daar is. Die skip, die see. Vertel my van die verbande met die lewe in die strafjaart?

Die land staan teenoor die see soos die binnekant van die tronk teenoor die buitelyn van die samelewing staan. Daar is ’n grens, maar ’n gedurige verskuiwing tussen die twee kante. Die bodem van die see is die strafjaart van die skepe, soos wat Pollsmoor die plek is waar jy oop en bloot op die rotse geloop het. Die vraag na wie die skuld moet dra vir soveel afgetakelde gemeenskappe wat vatbaar is vir misdaad, vir die aantas van generasie op generasie se selftrots, bring jou uit by die tyd toe Europeërs met hulle skepe onherroeplik die landskap kom verander het.

Tussendeur: jou werk by die Breytenbach Sentrum eers, kunstefeeste en dan ook die Jakes Gerwel-stigting. Waar het jy die tyd gekry om die boek te skryf?

Dit help nogals as ‘n mens besig is en jou skryftyd min, om gedissiplineerd te wees. Deur die dag beplan jy mooi sodat jy saans, nadat die kinders in die bed is, daardie toneel of hoofstuk kan afhandel. Dit werklik natuurlik nie altyd so uit nie, maar jy beur gewoon vorentoe. Iewers in die skryfproses, en tussen werke, het ek moed verloor. Ek was bereid om die manuskrip te laat vaar, maar het eers vir Penguin gevra of hulle dink dit sou tog ‘n boek kon word. Dit was toe ‘n rowwe manuskrip. Ek het daardie aanmoediging nodig gehad om klaar te maak waarmee ek begin het.

Ek wil jou vra waarna jy uitsien by die Woordfees; ek wil jou vra wat doen jy vir ontspanning; ek wil jou vra wat lees jy graag. Kies enige van die vrae om te beantwoord.

Ek is tans besig om die Noorweegse skrywer Karl Ove Knausgaard se My struggle-reeks te lees. Ek is geboei deur sy behendigheid in die genre van outobiografiese fiksie. Hy skilder op ’n wye doek die fyn besonderhede van die alledaagse lewe.

Ek wil jou ook vra of mens ooit die tronk kan verlaat as jy eers daar was.

Nee, ek dink nie so nie. Ek vermoed dat, ongeag jou reaksie op die straf, dit ‘n onherroeplike invloed op jou selfsiening het.

US Woordfees 2019: Boeke en skrywers

The post <em>Strafjaart</em>: ’n onderhoud met Theo Kemp appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Fringe-program

$
0
0

 

ALLES IS NIE ALTYD SOOS DIT LYK NIE

Met: Garth Field, Eddie Newman, Jean-Pierre Lesch

Teks en Regisseur: Jean-Pierre Lesch

Na 10 jaar daag Spanne Solomons by dieselfde straathoek op waar hy vir jare gebly het. Hy is terug om sy ou vriende te sien, terug te ploeg en dankie te sê vir die geleentheid wat hy gekry het om van die strate af te kom. ’n Noodlottige vasloop in sy vriend, Lanie, lei na stereotipering, oordeel, ’n botsing met die gereg en uiteindelik sy dood.

6 Maart 21:30 | 9 Maart 16:00
27 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/13

 

DAAR’S ’N VREEMDELING IN MY BED

Met: Laura-Lee Mostert

Teks: Laura-Lee Mostert, Liese Kuhn

Regisseur: Liese Kuhn

Dramaturgie: Kanya Viljoen

Op Clicks se webwerf sê dit meer as 44 miljoen mense wêreldwyd ly aan Alzheimers. In Suid-Afrika worstel 750 000 mense daarmee. Natuurlik groei hierdie getal elke 4 sekondes met nog iemand wat vergeet hulle het al geëet en gerook en hulle pille gedrink. Nog iemand wat hulle kinders nie herken nie en vergeet om ’n pantie aan te trek. Daar’s ’n vreemdeling in my bed volg Amelia se reis deur trauma, geluk en die eksentriekheid van die banale lewe.

8 Maart 09:00 | 9 Maart 14:00

45 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/16 (T)

 

DE BADT

Met: Chanté Strydom, Jeani Heyns, Elsa Tirsa

Teks: Elsa Tirsa

Musiek: Tim Turan

Veronderstel jou ouma sit in jou bad. Veronderstel jou ouma se ouma kom sit in jou bad. Raak verlore tussen belle van bewondering, bevryde, beperkte, bevolkte, bevoordeelde mense en bloed. ’n Donker komedie wat die lig en donker van ’n persoonlike geskiedenis omlyn.

8 Maart 14:00 | 9 Maart 20:30 | 10 Maart 17:30

30 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/14 (T, N)

 

DUDE, WA’S MY BAKKIE?

Met: Jeremeo Le Cordeur

Teks: Jeremeo Le Cordeur

Regisseur: Dean van der Ventel

Choreograaf: Lee Roodt

Stelontwerp: Gaerin Hauptfleisch

Wanneer Dean September ontdek sy voertuig is gesteel, dink hierdie jong bestuurder terug: Aan sy 21ste verjaarsdag toe hy ’n bakkie as geskenk ontvang het en aan die vele innemende bakkie-avonture. Reis saam wanneer hy sy eerste liefde, hartseer, padwoede en motordiefstal herleef met musiek uit die 90’s en Kaapse bruin kultuur.

8 Maart 18:45 | 10 Maart 12:30

30 min | Pulp Cinema Neelsie

R40

Taal: Afrikaans

PG 13

 

IN WHOREFISH BLOOMERS: THE WAITRESSES' LAMENT

With: Donna Cormack-Thomson, Jamie-lee Money

Director: Kei-Ella Loewe

In Whorefish Bloomers: The Waitresses’ Lament is a dark two-hander comedy masquerading as a cabaret. Revolving around 'the Virgin and the Whore' dichotomy, two waitresses prepare themselves for another nauseating night on the battlefields of Horrifying Hospitalica!

Armed with toothpicks, their razor-sharp wit, and ripe, suck-able tits, they don their aprons, hoist their fishnets and limber up to perform In Whorefish Bloomers!

(An adaptation of Sue Pam-Grant and Sheena Stannard's underground Apartheid-era 1980s feminist ‘cabaret’, a new generation of young women from Cape Town take on the patriarchy in this collection of pro-femme episodes stuffed with humour, word play, cheesy dance moves, a sprinkle of song and a drizzle of darkness.)

7 March 21:30 | 9 March 17:30

50 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Language: English

No u/13 (L)

 

JERRY, AN UNCONVENTIONAL HERO

Met: Jeremeo Le Cordeur

Regisseur: Ian van der Westhuizen

Choreograaf: Lee Roodt

Verhoogbestuurder: Phillip Theron

Dis aksie en absurditeite, lewensgrootte boewe en gevaarlike situasies. Dit het als begin met ’n misterieuse pizza... Ou Jerry is die skaam bleeksiel agter sy rekenaar in ’n produksie vol aksie en fisieke teater, geïnspireer deur popkultuur en strokiesprent-superhelde met onkonvensionele beligtingseffekte. Nou hoe beland die bleeksiel toe in ’n ondervragingskamer? Sterk staan, Jerry, sterk staan.

8 Maart 18:00 | 10 Maart 11:45

30 min | Pulp Cinema Neelsie

R40

Taal: Afrikaans & English

PG 13

 

MAMA

With: Chenal Kock

Director: Jeremeo Le Cordeur

Mama is a character piece showcased through the language of puppetry and physical theatre. Mama communicates through body language accompanied by musical performance poetry and spoken word by the mixed but not fixed creative artist Chenal Kock, who portrays the character as a vessel to confront reality.

8 Maart 19:30 | 10 Maart 11:00

30 min | Pulp Cinema Neelsie

R40

Taal: English & Afrikaans

PG 13

 

MARSHA: THE BEGINNING OF THE END

With: Kiroshan Naidoo, Jazzara Jaslyn

Director: Kathleen Stephens

When Sashen, a depressed retail assistant, is roped into a cult he begins to feel a sense of belonging, but when rules are bent and lines become blurry doubt begins to creep in. Marsha: The Beginning of the End is a satirical piece on an extraterrestrial, end of days cult. It looks at the psychological manipulation that radical cults use in order to gain followers. The piece allows the audience to reflect and identify cult-like behaviour in their everyday life i.e. diets, religion, social media. The show makes use of live recordings (done in a mockumentary style – think Modern Family) and the show is streamed online.

7 March 16:00 | 8 March 11:00

50 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Language: English

 

MOS

Met: Margo Kotze

Teks: Margo Kotze

Regisseur: Wynand Kotze

Iewers by ’n braai loer ’n tannie na ’n matriekmeisie: "Sy wil mos drama doen. Sy wil mos famous wees." Twee jaar later spook dié woorde steeds by die amper aktrise. Wat beteken daardie “mos”?

7 Maart 09:00 | 10 Maart 19:00

45 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/14 (T)

 

TRASH, BOER AND BRAT

With: Palesa Xulu, Les Nkosi, Petro Janse van Vuuren

Director: Tshego Khutsoane

The work invites you into stories we tell about how we were moved by fellow South Africans. It plays with dominant and habitual narratives, disrupts boundaries, challenges stereotypes and hopes to move you. It may upset your sense of political correctness and we apologise if it doesn’t.

6 March 13:00 | 7 March 11:00

60min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Language: English (with Afrikaans and isiZulu)

No u/13

 

ONS MOET SPOEG OM TE SIEN HOEKOM ONS NIE KAN SIEN NIE

Met: Gerhard Ferreira

’n Seun word groot met ’n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings vir hom gemaak word. Met humorsin en ’n lighartige lewensuitkyk vestig hy sy aandag op dié dinge wat hy wel kan doen. Hy voltooi die Comrades- en New York City-marathon, bereik die kruin van Kilimanjaro en stap tot by basiskamp Ama Dablam, die derdehoogste berg in die Himalayas.

9 Maart 12:00 | 10 Maart 15:00

60 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

 

SKOP!

Met: Sjaka S. Septembir, Gertjie Besselsen, Isabelle Grobler

Teks: Sjaka S. Septembir

Regisseur: Sandra Temmingh

SKOP! is ’n donker kabaret wat liefde, seks en die dood belig met digkuns, musiek en fisieke teater. Sjaka S. Septembir bring sy woorde en sy stem; Gertjie Besselsen (van Mr Cat and the Jackal) is die donker figuur aan die stuur van die musiek. Die kunstenares Isabelle Grobler dek die tafel en bring só haar kunstige visie na die verhoog. Sandra Temmingh sweis alles saam in haar Duitse, minimalistiese styl.

6 Maart 18:30 | 9 Maart 09:00

50 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/12 (T)

 

THROUGH THE EYE OF A DOUGHNUT

With: Petro Janse van Vuuren

Director: Tshego Khutsoane

Stories shatter stereotypes, open us up and move us towards one another. Let me tell you about the year I was the only white student in Goldfields residence, or the first time I took a local taxi in Johannesburg, or the day I was unmasked as a bigot by a worker from Idas Valley…oh…and about the doughnut.

6 March 15:00 | 7 March 13:00

45min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Language: English

No u/13

 

DIE MEERMIN-KOMPLEKS

Met: Du Toit Albertze

Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel. Die dorp verdink hom daarvan dat hy ’n meermin is. ’n Borrel en ’n meermin is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie Draadbaai. Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”, pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang. Die Meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees sowel as regstellende verkragtings van gays binne ’n Afrikaner-konteks ondersoek.

7 Maart 19:00 | 9 Maart 21:45

30 min | Pulp Cinema Neelsie

R60

Taal: Afrikaans

Geen o/13 (T, S)

The post US Woordfees 2019: Fringe-program appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: WAT se Nuutskeppingskompetisie

$
0
0

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Nuutskeppingskompetisie saam met Monitor op RSG, die US Woordfees en die ATKV.  Stuur NOU jou nuutskepping of nuutskeppings na wat@sun.ac.za met Nuutskeppings in die onderwerpsveld asseblief. Eerskomende Maandag kondig ons reeds die eerste vyf nuutskeppings aan waarvoor RSG-luisteraars kan stem. Dinsdag is die laaste dag waarop jy Nuutskeppings kan instuur.

Vanaf Maandag  4 Maart word daar elke dag op Monitor vyf woorde gegee waarvoor luisteraars kan stem op RSG se webtuiste by rsg.co.za onder Kitspeiling. Daar is elke dag ’n kontantprys van R500 geskenk deur die ATKV en Vrydag word die uiteindelike wenner aangekondig wat vier dae vir vier persone in ’n ATKV-oord van die wenner se keuse wen.

Waarvoor moet Nuutskeppings gemaak word?

Jy kan ’n nuwe woord maak vir ’n nuwe konsep waarvoor daar nog nie ’n woord bestaan nie, iets soos hommeltuig, of jy kan ’n nuwe woord maak vir iets wat nog nooit voorheen werklik benoem is nie, soos weggenoot vir ’n eksman of eksvrou, of vonkelwater vir gebottelde water "met prik" soos die Nederlanders sê.  Dit KAN, maar dit hoef nie  ’n Afrikaanse ekwivalent vir  ’n Engelse woord te wees nie. Dit HOEF ook nie te rym, of van die woepsie-wapsie-tipe  te wees nie.

Stuur NOU jou nuutskepping na wat@sun.ac.za met Nuutskepping in die onderwerpsveld, sodat ons Maandag in Monitor die eerste vyf woorde kan aankondig waarvoor luisteraars kan stem. 

Prystrekking vir Sanlamprys van R25 000

Op 7 Maart om 13:30 neem Tracey Lange die Prystrekking waar vir die Sanlamprys van R25 000 by die Borg ’n Woord-stalletjie by die Adam Small Teater by die Woordfees. Maak seker dat jy kwalifiseer vir hierdie rondte se prystrekking deur vroegtydig (weer) ’n woord te borg of te koop.

The post US Woordfees 2019: WAT se Nuutskeppingskompetisie appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz

$
0
0

Ellen Deckwitz praat met Naomi Meyer oor haar digkuns en haar betrokkenheid by die US Woordfees 2019.

Hallo Ellen, is dit jou eerste besoek aan Suid-Afrika? Indien nie, wat was jou vorige ervarings van die land? Indien wel, waarna sien jy die meeste uit?

Dit is mijn eerste bezoek aan Zuid-Afrika! Ik ben heel erg benieuwd, ook omdat ik veel Zuid-Afrikaanse literatuur heb gelezen, van Krog tot Jonker, van Coetzee tot Eybers. Ik zie uit naar de gesprekken met de bezoekers, hoe zij literatuur ervaren, welke plek het inneemt in hun leven. 

In Nederland is jy bekend as digter, maar ook as rubriekskrywer en joernalis. Dink jy 'n skrywer/digter moet betrokke wees by die politiek en sosiale vraagstukke van die land waarin hy homself bevind?

Ja, absoluut, al was het maar omdat schrijvers en dichters zich bedienen van taal hét politieke middel bij uitstek. Aantonen waar de venijnigheden zitten in de jargons waarvan populisten en politici zich bedienen en het ondergraven van common sense behoren tot de hoofdtaken van de schrijver en dichter, of dit nu in columns, gedichten of verhalen gebeurt. Onlangs had ik een gesprek met Antjie Krog hierover, en we waren het erover eens dat poëzie gevaarlijk moet durven zijn: de vinger op de zere plek leggen, verder gaan dan waar we tot dusver in gesprekken nog durfden te komen.

Is die poësie bedoel vir die publieke podium of vir die binnekamer?

Beide! Poëzie is communicatie, hoe vaag ze volgens sommigen ook kan zijn. Er zit wel een verschil tussen waar je die poëzie tot je neemt. Op het podium deel je de tekst met de spreker of toehoorders, je brengt het direct over op je medemens. Dat is mooi en kan verbinden, maar kan ook ervoor zorgen dat het te hard binnenkomt. Binnenshuis, in de veiligheid van de eigen muren kan poëzie lezen voelen als pootjebaden in je eigen geest: de woorden kunnen gedachten activeren die er al waren, maar die je zelf nog niet onder ogen durfde te komen.

Ken jy enige Suid-Afrikaanse digters of skrywers se werk? Is daar raakpunte tussen temas van jou eie land se skryfwerk en Suid-Afrika s'n?

Haha, ja, natuurlijk de dichters die ik hierboven noemde, en natuurlijk ook Gert Vlok Nel. Er zitten veel meer raakvlakken tussen Nederlandse en Zuid-Afrikaanse dichters dan je op het eerste oog zou zeggen. In de recente Nederlandse poëzie is de fysieke vorm belangrijker geworden, je lichaam, je huidskleur, je gender. De stoffelijkheid heeft natuurlijk een grote rol in het werk van Krog, Jonker en Eybers. 

Is daar enige gesprekke of geleentheide van die Woordfees wat jy self sal wil bywoon?

Het gaat er vanaf hangen hoeveel tijd er is: familie van mij woont in Stellenbosch dus ik moet tussendoor ook nog snel stroopwafels en drop afgeven 🙂 maar in ieder geval Connie en Radna en voor de rest zoveel mogelijk!

US Woordfees 2019: Nederlandse en Vlaamse komponent

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

US Woordfees 2019: Boeke en skrywers

The post US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Bevestigde spekers van die gratis diskoersprogram

$
0
0

Die Woordfees-gespreksreeks

Weeksoggende om 11:00 is dit tyd vir hierdie gewilde reeks onder die bekwame leiding van Tim du Plessis. Op sy reguit manier het Tim die vermoë om deelnemers die régte vrae te vra en tot die hart van sake deur te dring.

Vanjaar is daar verskeie aktuele sake van dringende belang op die agenda.

4-8 Maart 11:00 | 50 min | Die Plataan | Gratis

Die Woordees-gespreksreeks met Tim du Plessis

 

Tema

Bevestigde sprekers

Maandag

4 Maart

 

Gaan Cyril die pyp rook?

 

 

Piet Croucamp

Prince Mashele

Moeletsi Mbeki

Dinsdag

5 Maart

Verkiesing 2019

 

 

Judith February

Jan-Jan Joubert

Willem Jordaan

Woensdag

6 Maart

SA in ontstuimige wêreld

Ishmail Lagardien

Elizabeth Sidiropoulos

Greg Mills (Brentwood Foundation)

Donderdag

7 Maart

 

Die groot geveg oor grond

 

 

Phephelaphi Dube

Mohammed Karaan

Wandile Sihlobo

Vrydag

8 Maart

Sosiale media

 

 

Chris Roper

Desmond Painter

Schalk Engelbrecht

Praat saam op RSG

Nog ‘n gewilde reeks wat al sinoniem met die Woordfees is, is RSG se oggendreeks Praat saam, met vuurvreter Lynnette Francis agter die mikrofoon. 

4-9 Maart 08:00 | 50 min | Die Plataan | Gratis

RSG Praat saam

 

Tema

Bevestigde sprekers

Maandag

4 Maart

Bestuursvaardighede

Harlan Cloete

Tony Ehrenreich

Lullu Krugel

Dinsdag

5 Maart

Tegnologie en die 2019 verkiesing

Courtney Sampson

Martin Butler

Amanda Gouws

Woensdag

6 Maart

Klimaatsverandering

Guy Midgley (Professor at US)

Patrick Dowling (Environmental Education and Training Expert – Formerly Head of Evironmental Education and Training at WESSA)

Goosain Isaacs (Director, Climate Change Directorate, Western Cape Department of Evironmental Affairs and Development Planning)

Donderdag

7 Maart

 

 

UBI

Servaas van den Berg (Professor in Economics and South African National Research Chair in the Economics of Social Policy)

Stanley Henkeman (Executive Director, Institute for Justice and Reconciliation

Christi van der Westhuizen

Vrydag

8 Maart

Verkiesingsdebat

Pieter Groenewald (VF)

Derrick Hendrickse (EFF)

ANC (Ebrahim Rasool)

Ivan Meyer (kaart en tyd gestuur)

Patricia de Lille

Suna Venter-gedenklesing

Vanjaar word die tweede Suna Venter-gedenklesing, vernoem na een van die brawe joernaliste bekend as die SABC 8, gelewer deur Pumla Gobodo-Madikizela. Sy beklee die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, en is ’n ontvanger van die Alan Paton-prys vir haar boek A Human Being Died that Night.

5 Maart 17:00 | 50 min | Drostdy Teater | Gratis

Fredrik Van Zyl Slabbert-gesprekreeks

Kabous Meiring, bekend as aanbieder van Prontuit en MegaBoere, kry vanjaar die jongmense aan die praat oor kwessies wat vir hulle belangrik is.

5-7 Maart 17:30 | 50 min | Visuele Kunste Vierkant | Gratis

Frederik van Zyl Slabbert-gespreksreeks

 

Tema

Bevestigde sprekers

5 Maart

Politieke deelname onder jeug

Farai Mubaiwa

Lwando Nkamisa

Pieter du Toit

6 Maart

Integrasie en hoër onderwys

Carli van Wyk (SR voorsitter US)

Frances Petersen (Rector UFS)

Pamela Dube (Deputy Vice-Chancellor: Student Development and Support - UWC)

7 Maart

Leierskap en gesondheid

Ronelle Carolissen

Melt Hugo (SR – Wellness US)

Richard Van-Zyl Smit

Ongehoord

Vroue uit verskillende akademiese velde laat hul stem hoor oor onderwerpe wat hulle na aan die hart lê en belig dit vanuit 'n ander hoek.

4-8 Maart 09:00 | 50 min | Adam Small Seminaarkamer | Gratis

Ongehoord

4 Maart

Feminisme in ’n distopiese wereld

Amanda Gouws

5 Maart

Grond, natuur, landskap

Cheryl Walker

Marietjie Pauw

6 Maart

Is ons post genoeg post feminisme

Stella Viljoen

Lou-Marie Kruger

Amy Daniels

Joy Watson

7 Maart

Feminisme in Post-feit wereld

Julie Claassens

Lizette Rabie

8 Maart

Vroue en die reg

Amanda Gouws

Seehaam Samaai

Bronwyn Pithey 

Naggesprekke

Kom kry jou loopdop en gesels saam met Mercy Kannemeyer.

4-9 Maart 22:00 | Bosch Restaurant | Gratis

Naggesprekke

4 Maart

Teatertoekennings – Jy het gewen, wat nou?

Ilza Roggeband

Christo David

5 Maart

Transformasie in teater

Wolf Britz

Shihaam Domingo

6 Maart

Shots of shows - hoe kry ons milleniërs in die teater

Martie Meiring

Emma Kotze

7 Maart

Hoekom praat niemand meer oor kulturele appropriasie nie

Cornelia Faasen

Kay Smith

8 Maart

Jou beste shows, wat staan uit?

Oop gesprek

9 Maart

Oop gesprek

Mercy en Saartjie

 

The post US Woordfees 2019: Bevestigde spekers van die gratis diskoersprogram appeared first on LitNet.


US Woordfees 2019: Fotoblad 1

$
0
0

PROVENCE RETOER
Marita van der Vyver, in gesprek met Ingrid Jones
Aangebied deur LAPA Uitgewers

Izak die Vries van LAPA-Uitgewers stel Marita van der Vyver en Ingrid Jones bekend.

Marita van der Vyver lees voor uit Retoer.

Marita van der Vyer en Ingrid Jones

BLOEDBANDE MET VERWOERD
Wilhelm Verwoerd, in gesprek met Lukhanyo Calata
Aangebied deur Tafelberg

Wilhelm Verwoerd en Lukhanyo Calata

Wilhelm Verwoerd

Wilhelm Verwoerd en Lukhanyo Calata

1RECCE
Alexander Strachan in gesprek met Fransjohan Pretorius
Aangebied deur Tafelberg 

Alexander Strachan en Fransjohan Pretorius

Alexander Strachan lees voor uit 1Recce.

HIER GAAT ONS! REISE EN RAMPE
Gerard Scholtz in gesprek met Petrovna Metelerkamp
Aangebied deur Hemel en See Boeke

Petrovna Metelerkamp lees voor uit Hier gaat ons!

Gerard Scholtz vertel oor sy en Anuta se reise.

Boeke word geteken.

Petrovna Metelerkamp

 

The post US Woordfees 2019: Fotoblad 1 appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Kleedkamer-blues

$
0
0

Kleedkamer-blues

’n NATi/Feesteforum-produksie

Met: Carel Trichardt, De Klerk Oelofse, Wessel Pretorius, Ludwig Binge, Greta Pietersen 

“So is die lewe,” sê ’n mede-teaterganger langs my na afloop van Kleedkamer-blues. “Presies net so.”

Kleedkamer-blues kan beskryf word as ’n Afrikaanse Waiting for Godot. Die teks is geskryf deur Ludwig Binge, en is oorspronklik deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) vir Innibos ontwikkel. Die regie, stelontwerp en kostuums is behartig deur Marthinus Basson.

Die toneelstuk speel af in ’n kleedkamer voor die laaste optrede by ’n kunstefees. Almal is moeg en feesvoos.

In die kleedkamer sit Johan met sy oorfone en kyk rugby op sy tablet. Hy sê nie ’n woord aan sy medespelers nie, en hoor ook nie belangrike gesprekke in die kleedkamer oor onder andere liefdesverklarings wat beplan word nie.

André is kwaad omdat sy mede-akteur, Hendrik, nooit sy eenmanstuk kom kyk het nie. Hendrik is benoem vir ’n toekenning terwyl André se stuk ’n louwarm resensie gekry het. Hendrik het ’n oog op Wena, maar sy’s dalk op pad Johannesburg toe vir ’n rol in ’n sepie.

Paul, die ou veteraan, sukkel om sy woorde te onthou. Boonop is daar ’n belangrike gas in die gehoor. (Hierdie beskrywings losweg verwoord soos op die webwerf van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief.)

In ’n onderhoud met CJ de Swardt op LitNet, het Ludwig Binge gesê:

“In ’n groot mate gaan die stuk vir my oor mislukking en drome wat nie heeltemal realiseer het nie. Ons almal het naïewe vooropgestelde idees van hoe ons loopbane gaan uitspeel wanneer ons op universiteit is en ons almal gaan deur ’n mate van ontnugtering wanneer ons in die praktyk begin werk. Dis menslik en maklik om mee te vereenselwig. Dis hoe ons by daardie wrede realiteite aanpas wat belangrik is en interessant word.”

Die stuk handel oor Afrikaanse akteurs en regisseurs se angstigheid oor daar nie geld is vir die kunste nie. Maar met elke sin wat gesê word, besef  die teatergangers dat die mense op die verhoog nie net praat oor wat dit beteken om ’n akteur te wees nie, maar oor wat dit beteken om ’n mens te wees.

Die titel betrek die angs en terneergedrukte gevoelens wat gepaardgaan met die alledaagse bestaan. Die titel betrek ook die stuk se klankbaan – die Amerikaanse blues.

Aanhalings wat mens bybly: die veteraanakteur  wat vertel van Sisyphus wat die rots voortdurend teen die heuwel moes opstoot, net sodat dit elke aand weer ondertoe rol en hy dan die volgende dag die taak moes herhaal.

Die gelatenheid (of die volwassenheid?) waarmee hy uiteindelik sê dat Sisyphus besef het dis sy taak, en dat hy daagliks sy lewenstaak bewustelik moes uitvoer, ook al weet hy hoe saai dit môre sou herhaal. Dit hoef nie ’n kruis te wees nie. “Aanvaar jou rots.”

Daar is heelwat intertekste wat deur die loop van die toneelstuk op mekaar kommentaar lewer: Shakespeare, TT Cloete, ’n film soos Tree of Life.

’n Mens moet die stuk gaan kyk om te sien hoe slim die aanhalings en verwysings ingewerk word, sodat daar deurlopend nie net die toneelstuk op die verhoog aan die gang is nie, maar ook kommentaar beleef word wat gelewer word op die toneelstuk en op die lewe self.

Die stuk is terselfdertyd skreeusnaaks en hartverskeurend.

Ten spyte van die deurlopende aanhalings wat daarop dui hoe sinneloos alles is (“out, out, brief candle”), weerspieël die spel van elke akteur hoe tydloos die oomblik is.

’n Mens gee om vir die akteurs, ’n mens wil graag hê dat die karakter met die sagte hart (De Klerk Oelofse) se liefde beantwoord word. ’n Mens wil hê dat mense raaksien watter bydrae tot die kunste het die veteraanakteur (vertolk deur Carel Trichardt) in sy lewe gemaak.

Die stuk vertoon nog enkele kere by vanjaar se US Woordfees. Dit word sterk aanbeveel. Want so is die lewe. Presies net so.

Hier is Computicket se besonderhede.

 

The post US Woordfees 2019: <em>Kleedkamer-blues</em> appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Endgame

$
0
0
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Samuel Beckett word alom beskou as die meester van die absurde en sy eenakter, "Endgame", illustreer die sentiment van die nutteloosheid van bestaan uitstekend. Tragedie en komedie smelt saam om die eentonige roetine van lewe, die sikliese kom en gaan, die begin en einde en wéér begin uit te lig. Sentraal (en obsessief reg in die middel) van die verhaal sit Hamm, meesterlik vertolk deur Andrew Buckland. Blind en ewig-sittend, bestuur hy als wat gebeur, sonder om werklike beheer oor enigiets te hê. Sy beenlose ouers, Nagg (Soli Philander) en Nell (Antoinette Kellerman), bly in twee staal asdromme en as hulle te veel praat, word hulle beveel om stil te bly. Clov, (die Klaas teenoor Hamm se Baas), word voortdurend van bakboord na stuurboord rondgejaag met nuttelose takies en hy dreig deurgans om vir Hamm te verlaat. Hamm, daarenteen, beveel ook die heeltyd vir Clov om hom uit te los, maar beide karakters weet dit kan nooit gebeur nie. Die gegewe en die lewe laat dit eenvoudig nie toe nie. Die magspel tussen die twee karakters hou hulle vasgebind aanmekaar, ewig-afhanklik en bang vir wat buite die hol mure van hulle bestaan op hulle mag wag. Rob van Vuuren (vir baie mense seker altyd sinoniem met die lawwe Corné, Twakkie se sidekick) se fisieke spel is uit 'n ander wêreld. Sylvaine Strike het haarself lankal onderskei as een van ons land se voorste regisseurs en hoe op aarde, wonder ek, kry Philander en Kellerman dit reg om hulle lywe so klein te maak vir so lank? "Endgame" is nie maklike of gemaklike teater nie. Dis woordryk, tematies sterk en vol simboliek. Jy gaan moontlik lank wonder oor presies wat jy gekyk het. @woordfees #endgame #woordfees2019 #beckett

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

 

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.

The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Endgame</i> appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Swerfgoed

$
0
0
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Anna-Mart van der Merwe is sekerlik een van die grootste trekpleisters by enige fees en as sy op jou rolverdeling pryk, kan jy maar wéét, die ooms en tannies gaan kom kyk. "Swerfgoed", die drie maal Kanna-bekroonde stuk deur Bauke Snyman, spog met Van der Merwe én Nicole Holm, wat sonder twyfel een van haar generasie se mees diverse en beste akteurs is. Voeg daarby die absolute mal regie van Tinarie van Wyk Loots (sy blyk talentvol op die gebied ook te wees), 'n prettige stel, slim gebruik van props en die skitterspel van Richard September, en jy kry dié "lekker af" produksie, soos een teaterganger dit genoem het."'n Fees vir die oog", was 'n ander persoon se ervaring. Die gegewe is heel eenvoudig. Daar is 'n motel met 'n paar interessante inwoners. Water is skaars (so te sê bykans op), maar iemand weet wél waar om nog baie daarvan te kry. Daar is oorlog. Baie mense gaan dood en familielede draai teen mekaar. Die program beskryf die stuk as 'n tragi-komedie van Griekse omvang, en ja, jy lag inderdaad dat die trane (en die bloed) so spat. Dis absurd, banaal en wonderlik tegelyk. Die enigste haakplek in die produksie is Andrew Laubscher. Hy lyk en klink meestal uit sy gemaksone en dit breek soms die seepgladde ritme van die res van die akteurs. Sy Afrikaans is nét nie goed genoeg om die tempo vol te hou nie. "Swerfgoed" gaan beslis nie in almal se smaak val nie. Die paar ooms en tannies wat uitgestap het, het dit bewys. Maar as jy soek na iets vars en anders, en lekker af, gaan koop onmiddellik jou kaartjie. Al is dit net om vir Nicole Holm te sien dans. @woordfees #woordfees2019 @baukesnyman #swerfgoed

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.

The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Swerfgoed</i> appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Katvoet

$
0
0
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Tennessee Williams se klassieke toneelstuk, "Cat on a Hot Tin Roof", kry 'n plaaslike geur in Nico Scheepers se "Katvoet". Al die elemente en onderliggende temas van die oorspronklike teks is daar - dié slag net in Afrikaans. En in plaas daarvan dat dit in 'n plantasiehuis afspeel, kry dié produksie gestalte in die Bosveld. Paul Newman en Liz Taylor het van Brick en Margaret ikoniese karakters gemaak. In "Katvoet" kry die sanger-akteur Laudo Liebenberg kans om die gefolterde, gewese sportster met die drankprobleem, Boela (Brick) te speel. Hy slaag daarin om nie van dié alkoholis 'n geykte, sleeptong-karakter te maak nie. Jy het simpatie met sy innerlike wroeging, sy selfhaat én sy liefde vir Red Label-whisky. Die uitstaande Tinarie van Wyk Loots kan baie min verkeerd doen en haar vertolking van Maggie, die spreekwoordelike kat op die warm sinkdak, is soos gewoonlik uitstekend en in die kol. Sy gly soos 'n Siamees op die verhoog en op die meubels rond, vlei haar teen haar medespelers aan en kwispel haar stert, als in 'n deseprate poging om haar man se aandag te behou. Marius Weyers is die beneukte patriarg wie se 65ste verjaarsdag gevier word. Hy vloek en skel en sê net wat hy wil, nadat hy sekere nuus aan die etenstafel ontvang. Sy uitlatings is kwetsend en maak seer, maar die waarheid blyk altyd ongemaklik te wees in 'n huis waar "die leun" grotendeels seëvier. Die ander karakters, belangrik in 'n meerdere of mindere mate, bring almal hulle kant om van dié toneelstuk 'n hoogs-genotvolle feeservaring te maak. Daar is wonderlike komiese oomblikke, ernstige dramatiese momente en puik toneelspel soos mens van dié ensemble kan verwag. Die stelontwerp, ook deur Scheepers, is beeldskoon en sy fyn hand en oog is duidelik sigbaar in die regie. Indien daar kritiek te lewer is, is dit oor die lengte van die stuk. Dit is eenvoudig te lank en soms net té herhalend. Dit doen egter geensins afbreek aan die gehalte van die produksie nie. Gaan kyk dit gerus (maar los dalk die oorsensitiewe siele by die huis). #katvoet @woordfees @nicoscheepers @laudoliebenberg #woordfees2019

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

 

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.

The post US Woordfees 2019 Instagram-resensie: <i>Katvoet</i> appeared first on LitNet.

Viewing all 693 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>