PEN Afrikaans nooi hartlik ons lede, ondersteuners en ander belangstellendes om te kom luister na die eerste lesing in ’n beoogde lesingreeks oor media- en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika.
Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het. Hoe vry is die media deesdae? Wie is die hekwagters?
Die lesing vorm deel van die Toyota US Woordfees se Diskoersprogram. Dit vind op Dinsdag 10 Oktober om 15:30 by die Khaya plaas. Bywoning is gratis.
The post Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023 first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023 appeared first on LitNet.