Quantcast
Channel: Toyota Stellenbosch Woordfees - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 693

Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye

$
0
0

Foto van Saartjie Botha: Naomi Bruwer

Saartjie Botha praat met Naomi Meyer oor Flikker Flash, ’n opwipkunsweek wat binnekort in Stellenbosch plaasvind. (Hier is nog inligting.)

..........

Die Woordfees het deur die jare organies gegroei, dikwels as gevolg van nuwe behoeftes van ’n ontwikkellende gehoor. COVID-19 aksentueer alle bestaande behoeftes aan lewende optredes, maar dit trek ook ’n streep deur vorige wenresepte en bewese suksesse.

.........

Hallo Saartjie, dis gaaf om te gesels, en dis moeilik. Betreffende die moeilik: As daar nooit ’n virus was nie, sou vanjaar se Toyota US Woordfees nou al verby gewees het. Betreffende die gaaf: Ek lees met vreugde van opwipvertonings in die strate vir die Woordfees se Kunstenaarsweek. Waarom kuns na die strate bring, en hoe strook dit met en verskil dit van die Woordfees se visie deur al die jare?

Die Woordfees het deur die jare organies gegroei, dikwels as gevolg van nuwe behoeftes van ’n ontwikkellende gehoor. COVID-19 aksentueer alle bestaande behoeftes aan lewende optredes, maar dit trek ook ’n streep deur vorige wenresepte en bewese suksesse. Een van die uitvoerende kunste se groot uitdagings is beperkings op die getal mense in onderdak- (100) en buitelugruimtes (250), ongeag die kapasiteit van die ruimte. Met straatkuns omseil ons die kapasiteitprobleem sonder om die veiligheid van gehore en kunstenaars in gedrang te bring. Optredes gaan meestal in leë winkelruimtes gebeur. Die kunstenaar is veilig agter glas, en die gehoor is veilig in die buitelug met klankversterking soos nodig. Omdat ’n beperkte aantal toeskouers vanaf die straat, sypaadjie of gang in die ruimte sal kan insien, doen ons korter vertonings van 5–15 minute, voor gehore wat wissel van 20 tot veel meer. Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is.

Betrokke en lewende kuns met ’n gehoor wat met die kunstenaar (of sy skeppings) in gesprek kan tree. Dis wat ons begeer. Dink jy die andersoortige Kunstenaarsweeek sal so ’n soort dialoog kan bewerkstellig? Sal mense nou almal die geleentheid kry om kosteloos deel te wees van ’n gesprek met kuns? Of is dit nie so eenvoudig nie – hoe gemaak met uitdagings soos ander ruimtes, spasie in die dorp, wie daag op, ongestruktureerde tye en ’n meer organiese manier van doen?

Ons hoop dat kunstenaars met hulle kort optredes unieke perspektiewe sal lewer op ’n gemeenskap in pandemie, en ook op ons leef- en ervaringswêreld wat hierna volg. Ons sal, sodra deelnemende kunstenaars hulle ruimtes gekies het, op sosiale media riglynskedulering deel. Optredes is hoofsaaklik Vrydag- en Saterdagaand, met enkele optredes Saterdag deur die dag. Hou ook ons webwerf dop vir meer inligting. Hoe om die dialoog tussen kunstenaars en gehore te fasiliteer sal ons in die oomblik moet bestuur, omdat ons geen vooraf ervaring van hierdie tipe optrede het nie. Ek vermoed ervaring van lewende kuns gaan tot postervarings lei. Omdat dit in openbare ruimtes gebeur, is daar natuurlik ’n moontlikheid dat dit sommige toeskouers se eerste ervaring van lewende kuns is. Daaroor is ons natuurlik baie opgewonde.

.........

Ek vermoed ervaring van lewende kuns gaan tot postervarings lei. Omdat dit in openbare ruimtes gebeur, is daar natuurlik ’n moontlikheid dat dit sommige toeskouers se eerste ervaring van lewende kuns is. Daaroor is ons natuurlik baie opgewonde.

..........

Ek moet oor geld vra. Kuns is nie net gratis nie. Kuns kom teen ’n prys. ’n Lid van ’n gehoor betaal iets omdat daardie lid van die gehoor wegstap met ’n skat. Hoe gemaak, in hierdie sware tyd, om geld te kan verdien uit geleenthede wat op hierdie maniere en hibried geskep word?

Alle vertonings is gratis en gehoorlede kan donasies in ’n hoed of kitaartas gooi, of per Snapscan bydra tot die Tribuo-fonds wat juis gestig is om kunstenaars tydens die grendeltyd te ondersteun. Uiteraard is daar koste verbonde aan die aanbied van die Kunstenaarsweek, en ons kan dit net aanpak met steun van ons borge en vennote: die Universiteit Stellenbosch, Toyota, kykNET, NATi en Visit Stellenbosch. Ons is veral dankbaar vir goeie samewerking met die gastehuise en hotelle om ons kunstenaars se verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Kunstenaars het geld nodig, maar geld is nie alles nie.

........

Kunstenaars het nodig om weer in hulle kunstenaarskap te glo, in hulle aard en wese, en hopelik is Kunstenaarsweek en Flikker Flash ’n platform om kunstenaarskap te bevestig.

..........

Kunstenaars het nodig om weer in hulle kunstenaarskap te glo, in hulle aard en wese, en hopelik is Kunstenaarsweek en Flikker Flash ’n platform om kunstenaarskap te bevestig. Dit is ook ’n broodnodige kreatiewe inspuiting in die psige van Stellenbosch.

Lees ook:

Persverklaring: kom Flikker & Flash in die strate van Stellenbosch

The post Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 693


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>